best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Volksraad wil Regering gaan sien

Tydens die tweede volledige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad is besluit om ‘n datum met die ANC-regering vas te maak om die vryheidseis te oorhandig. Die Volksraad het met waardering kennis geneem dat die werk van sy aangewese Adviesraad feitlik voltooi is, en dat die eis om selfbeskikking dan gereed sal wees om aan die ANC-regering te oorhandig. Daar word gepoog vir ‘n datum voor die einde van Maart vanjaar.

Daar is ook openhartige gesprek gevoer tussen die Volksraad en die verskillende bestuurstrukture van Orania, waar die Volksraad sy sitting gehou het. Verskeie raakpunte is geïdentifiseer en die behoefte tot verdere gesprekke is ook geopper.

Lede van die publiek het ook sinvolle insette en aanbevelings gegee gedurende die ope deel van die sitting. Sake wat ter sprake gekom het, is die Vryheidsfonds wat in die lewe geroep is, buitelandse skakeling, die volkleur embleem van die Volksraad wat bekend gestel is, en daar het ‘n versoek vanuit die openbare galery gekom dat die Voorsitter van die Volksraad met die leier van die amptelike opposisie moet gaan praat om haar te vertel dat die Afrikaner moeg daarvoor is dat sy die Afrikaner gedurig afbreek.

Groot klem is ook gelê op die feit dat die Afrikanervolk ook weer tot sy kernwaardes moet terugkeer, naamlik sy Christelike geloofsbasis, dat die Sabbat onderhou moet word en dat ‘n verootmoedigde lewenstyl gehandhaaf moet word.

Intussen word ook gepoog om kommunikasiekanale met die kiesers te skep of te verbeter, en daar sal gepoog word om die mandaat van die Volksraad te verbreed deur die uitbreiding van die VVK se kieserslys.

‘n Vryheidskongres word eersdaags beplan. Besonderhede daaroor sal later bekend gemaak word. Die volgende volledige Volksraadsitting sal gedurende April in Vryheid plaasvind.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>