best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

DRINGENDE OPROEP AAN ALLE VOLKSGENOTE

16 April 2012

Met u verkiesing van die Volksraad het u aan die Raad opdrag gegee om namens u ons volk se eis om uitoefening van ons selfbeskikkingsreg aan die Regering van die RSA voor te lê.

Die Volksraad het op 26 Oktober 2011 die President skriftelik verwittig dat die Volksraad verkies is, en dat ‘n afspraak aangevra sou word om ons eis vir selfbeskikking aan die Regering voor te lê.

op 8 Februarie vanjaar is ‘n skriftelike versoek vir die afspraak aan die President se kantoor oorhandig. Dit moes, indien moontlik, voor einde Maart plaasvind.

Ontvangs van die versoek is per skrywe gedateer 17 Februarie 2012 deur die genoemde kantoor erken en die onderneming is gegee dat “the matter is receiving attention and a response will be sent to you in due course.”

Nadat 5 weke verloop het sonder enige verdere reaksie van die President, het die Volksraad op 26 Maart ‘n aanmaningsbrief per vonkpos aan hom gestuur. Die brief is vergesel van ‘n Engelse vertaling, ten einde verskonings vir vertraging uit te skakel. Bevestiging is van die e-posstelsel ontvang dat die brief afgelewer is, dog die President se kantoor het dit geïgnoreer.

NOU MOET U AS VOLK OPTREE!

Die Volksraad versoek u om die volgende te doen:
1. Gooi die President se kantoor toe met e-posse, fakse en telefoonoproepe waarin u op ‘n ferm, dog beskaafde wyse daarop aandring dat die bedoelde afspraak nou toegestaan word. Vermy asseblief dreigemente, beledigende en swak taalgebruik.

Hier volg ‘n voorbeeld van so ‘n brief, maar formuleer verkieslik u eie woorde. Dit het meer impak as ‘n standaard brief wat maar net gekopieer word:

“Geagte President, met verwysing na u skrywe van 17 Februarie 2012 ( u verw: 10/3/1/4(317797) /2012(ns)) aan die Boere-Afrikanervolksraad, dring ek as burger van die Republiek van Suid-Afrika beleef daarop aan dat ‘n afspraak aan die Volksraad, wat my verteenwoordig, sonder verdere versuim toegestaan word ten einde ons volk se regmatige eis en aanspraak op territoriale selfbeskikking aan die Regering voor te lê. Die uwe, u naam, (bv. J.A.N. Burger).”

Engelse vertaling vir diegene wat dit ook in Engels wil stuur:
“Dear Mr. President, with reference to your letter dated 17th February 2012 (your ref: 10/3/1/4(317797) /2012(ns)) to the Boere-Afrikanervolksraad, I as a citizen of the Republic of South Africa, politely insist that an appointment be granted to the said Volksraad, who represents me in this matter, without further delay, in order to submit our people’s rightful claim and entitlement to territorial self-determination to the Government. Yours sincerely, u naam, (bv. J.A.N. Burger).”
Stuur dit aan die volgende adresse:
e-pos: [email protected]
[email protected]
[email protected]
Telefoon: 012 300 5243
Faks: 012 323 8246 / 2573 / 2561

Moenie met een boodskap volstaan nie. Hou aan, elke dag, en moedig enersdenkende volksgenote aan om dieselfde te doen.

2. Doen voorbidding vir ons volk se saak en vir die Volksraad wat hierin moet voorgaan. Ook in hierdie saak geld die slotwoorde van die Bloedriviergelofte:
“Die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van die oorwinning aan Hom te gee”.

Die Volksraad dank u vir u medewerking.
Andries Breytenbach
Voorsitter.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>