best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Verslag Orania Volksraadsitting

Liewe Volksgenote, die Boere-Afrikaner Volksraad het die pas afgelope naweek ‘n uiters suksesvolle 2e amptelike Volksraadsitting op Orania gehad. Die inwoners van Orania het ons uiters welkom laat voel en hul fasiliteite aan ons beskikbaar gestel vir die duur van die sitting. Gedurende die sitting is informeel met die bestuursraad van Orania gesprek gevoer, en is ‘n uiters opbouende gevoel van samehorigheid in terme van ons gesamentlike strewe na soewereine onafhanklikheid hiertydens ervaar.

Die eerste gedeelte van die sitting was ‘n ope deel waar lede van die Volk ook teenwoordig kon wees. Hier het ‘n paar mense gevra dat daar op ‘n meer gereelde en volledige basis deur die Volksraad terugvoer gegee moet word aan die Volk aangaande die proses waarmee die Volksraad tans besig is.

Tydens die geslote gedeelte het die Volksraad is vier uiters belangrike besluite geneem waarvan u terdeë moet kennis neem:

A) Die Volksraad voel uiters sterk en eendragtig daaroor dat die pad na ons eie vrye Vaderland ‘n uiters moeisame pad is wat onmoontlik sonder die hulp en wil van Onse Almagtige Vader sal kan geskied. Desnoods word u as geregistreerde kiesers op die Boere-Afrikanervolk se kieslys amptelik deur die Volksraad opgeroep om hierdie saak elke dag in uiterste verootmoediging en smeking om hulp voor Hom te lê. Maak asseblief erns daarmee om elke dag sonder uitsondering hierdie saak voor Ons Koning te lê sodat ons as eensgesinde, vryheidsoekende volksgenote, Sy wil in dit waarna ons streef, sal soek.

B) Daar is in diepte na metodes gekyk waardeur die proses van kommunikasie met die Volk verbeter kan word. Die feit dat slegs ongeveer 30% van ons 36 000 geregistreerde kiesers op die kiesersrol oor e-pos adresse beskik, maak dit vir die Volksraad ‘n baie duur aksie om terugvoer aan ons kiesers te gee deur middel van die sms stelsel (R9 000 per een sending na almal) of deur die normale posstelsel (36 000 briewe @ ongeveer R4 elk). Deur van Radio Pretoria en die paar streeksradiostasies wat ons saak goedgesind is gebruik te maak, word slegs omtrent 10 000 geregistreerde kiesers bereik. Ons het dus besluit om intussen van ‘n kombinasie van al hierdie metodes gebruik te maak. U as geregistreerde kieser moet asseblief self ook help om die inligting wat ons as Volksraad gereeld sal deurgee, sovêr moontlik na ons mede volksgenote te versprei, sodat daar ‘n minimum kiesers is wat rede het om te sê dat hulle nie weet wat aangaan met die werksaamhede van die Volksraad nie.
Van hierdie week af sal ons gereeld inligting aan u deurgee deur die volgende kanale:
1) Radio Pretoria;
2) Die Volksraad se webtuiste (www.Volksraad.co.za);
3) Boere-Afrikaner Volksraad op Bakkiesblad (Face book);
4) Die Afrikaner koerantjie wat weekliks verskyn;
5) E-Posse na kiesers met e-pos adresse;
6) Sms’e na kiesers se selfone (baie duur opsie);
7) My eie bakkiesblad (Face book);
8) Plaaslike koerante wat die vryheidsgesinde Boere-Afrikaner se saak
goedgesind is.

C) Verder kan ek rapporteer dat die Volksraad tans ernstig poog om so spoedig moontlik ‘n afspraak met ‘n hoë vlak afvaardiging van die Regering te kry ten einde Die Boere-Afrikanervolk se eis om selfbeskikking amptelik aan die Regering voor te lê. Tydens sodanige amptelike vergadering sal daar ook ‘n uiters volledige dokument aan die Regering voorgelê word waarin die regverdiging van ons Volk se eis om erkenning van ons reg tot selfbeskikking onder die volgende vier hoofde behandel sal word:
1) Morele regverdiging.
2) Historiese regverdiging.
3) Juridiese regverdiging en
4) Prinsipiële regverdiging.
‘n Adviesraad bestaande uit kundiges op elke bogenoemde gebied is tans besig om die nodige voorleggings aan die Volksraad voor te lê.

D) Die laaste, maar beslis een van die heel belangrikste sake is die saak van finansies. Agbare lid Ben Geldenhuys en ekself het die grootse taak aangepak om te sorg dat die saak van ons strewe na ‘n eie soewereine vaderland, waar ons weer oor onsself sal regeer, nou ‘n magtige dreuning gaan word! Ons glo dat u wat as kiesers vir hierdie saak geregistreer is, ook terdeë besef dat ons groot fondse gaan benodig om ons ideaal van vryheid te bereik. Ons mag nie langer kla dat ons nie geld het nie, ons maak onsself belaglik voor ons vyande. Ons is NIE ‘n patetiese volkie wat die kokkerotte in die volksvreemdes se huis is NIE. Ons IS ‘n trotse volk wat die ganse wêreld gaan verstom met wat ons gaan regkry binne die afsienbare toekoms! Net soos ons heldhaftige voorouers teen alle denkbare menslike rede by Bloedrivier en Majuba die oorwinning oor magtige vyande behaal het, so gaan ons ook dapper en onverskrokke met ons een hand in God se hand en ons ander hand aan die wawiel, hierdie grootse saak deursien, al kos dit ons die hoogste offer!

Ten einde om alles menslik te doen wat ons kan en wil, het ons baie fondse nodig. Ons wil graag so vinnig as moontlik op ‘n punt kom dat die Volk se Vryheidsfonds op ‘n biljoen rand staan! Ja, ons hoor baie mense lag, maar as elkeen skouer aan die wiel sit en sy offer maandeliks bring, gaan ons weer soos trotse Bittereinders die rentmeesterskap van God in ons eie vaderland kan opneem. Liewe kiesers, as elke kieser SLEGS R100 per maand per debietorder in die fonds stort, groei ons fonds op die huidige kieserstal met R3,5 miljoen per maand! Nie as nie, maar wanneer die VVK die kieserslys uitgebrei het tot op ongeveer 200 000 volkslede, groeions Vryheidsfonds met ‘n allemintige R20 miljoen per maand. Ja vriende, dit is moontlik; Is u saam met ons wat reeds ons debietorder ingevul en geregistreer het?

Diegene op die kieserslys wat werklik so behoeftig is dat hulle nie by magte is om die bedrag van R100 per maand te voorsien nie, kan met ons skakel dan maak ons ‘n ander reëling met u. (So ‘n paar dae se eerlike arbeid op die volksakker kan maklik instaan vir u jaarlikse bydrae tot die Vryheidsfonds.)

Trek die debietorder af by: www.vryheidsfonds.co.za of skakel met my by 083 626 6800 of met die heer Geldenhuys by 083 309 1300 ten einde so gou moontlik u debietorder te laat instel. Ons poog dat die hele kieserslys teen einde Mei op die debietorderstelsel funksioneer. Burgers, die tyd vir speletjies, kerm en kla is verby, nou moet daar ingeklim word met mening sodat ons ons vyande kan laat stik in hul duur whiskey!

Bittereinder-groete.
Abel Malan.
Onder-voorsitter; Boere-Afrikaner Volksraad.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>