best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Maandverslag vir November

Die maand het afgeskop met die oorhandiging van ‘n brief van die Volksraad aan die Regering van Georgië, tydens ‘n besoek aan dié land deur die Sekretaris, mnr. Henk van de Graaf. In die brief word die President van dié land onder meer ingelig oor die kapitulasie van die De Klerkregering in 1994 aan die ANC-terroriste, die ANC se bande met die S.A. Kommunistiese Part; die weiering van die Boere-Afrikaner om die nuwe regime te erken en hul aanslag teen ons volk; die Volksraadsverkiesing en ons strewe na volledige selfbeskikking. Die brief is die eerste stap in ‘n proses om die instelling van die Volksraad en ons aandrang om ons reg op selfbeskikking uit te voer, aan die internasionale gemeenskap bekend te stel.

Ná die oorhandiging aan die ANC-regering van ‘n kennisgewing van ons voorneme, is begin om  goedgesinde persone in ‘n Adviesraad te betrek om die Volksraad met vakkundige advies te bedien. Die eerste opdrag aan die Adviesraad is om ‘n dokument saam te stel wat die prinsipiële, juridiese, historiese en morele gronde vir ons volk se reg tot selfbeskikking in ‘n formaat te  dokumenteer wat ‘n onweerlegbare aanspraak daarstel en wat aan volksgenote, simpatiseerders,  en enige gesagsliggaam ter wêreld voorgehou kan word. Die lede wat tans die leiding ten opsigte van die gemelde aspekte neem, is prof. Hendrik van der Wateren (die prinsipiële), dr. Pieter Möller (die historiese), mnr. Paul Kruger (die juridiese) en Prof. Adriaan Pont en ds. Ferdi Devenier (die morele). Hierdie persone mag alle bronne raadpleeg en hulp koöpteer soos hulle nodig mag vind. Die dokument sal as basis dien vir die oordrag van ons eis om uitoefening van ons selfbeskikkingsreg aan die regime.

Intussen word voortgegaan om die VVK se kieserslys uit te brei ten einde die mandaat van die Volksraad voortdurend te vergroot. Volksgenote wat ná die afgelope verkiesing van 24 September as kiesers registreer, voltooi dieselfde aansoekvorm as diegene wat voor en tydens die verkiesing geregistreer het, en onderskryf die verklaring en mandaat wat aan die verkose Volksraad gegee is. Ofskoon getalle nie deurslaggewend is vir die erkenning van ons volkskap en ons reg om as vrye volk ons eie lotgevalle te bepaal nie, dra getalle in verskeie opsigte gewig en is dit belangrik om soveel volksgenote as moontlik vir die vryheidsideaal te wen.

Tydens ‘n koördineringsgesprek wat op 22 November tussen die Volksraad en die VVK gehou is, is bevestig dat die instandhouding en uitbreiding van die kieserslys die VVK se verantwoordelikheid is, dog dat die Volksraad aksies wat die VVK met die oog daarop loods, sal ondersteun. Die eerste aksie in dié verband is ‘n openbare vergadering wat vroeg in die nuwe jaar in Pretoria gehou sal word, waartydens Volksraadslede teenwoordig sal wees en sal optree. Voorts sal ‘n gesamentlike beplanningsessie van die Volksraad en VVK gehou word om voorgestelde  aksies ‘n geordende plan saam te vat.

‘n Vryheidsfonds is deur die Finansiële Komitee van die Volksraad geloods om die werksaamhede van die Volksraad te befonds. Bydraes tot die fonds word as ‘n vrywillige “vryheidsbelasting” beskou.

‘n Aanmaningsbrief is aan die kantoor van die ANC-regering se Staatspresident gestuur om aan te dring op ‘n amptelike ontvangserkenning van die Kennisgewing van Voorneme wat op 28 Oktober by die kantoor afgelewer is.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>