best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Toespraak van Henk van de Graaf tydens inhuldiging

Geagte Voorsitter, Voorsitter van die Volksraad, mede-Volksverteenwoordigers, maar belangrikste van almal Volksgenote

In Rigters 6:1 lees ons: “Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het die Here hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.”

Vanaf vers 6 lees ons: En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die Here aangeroep.”

Toe kom Gideon wat vir die Here vra waarom al hierdie dinge met die volk gebeur het as die Here dan deurentyd met hulle was, en God wat dan vir Gideon sê gaan verlos die volk. Gideon was hoogs onseker van homself en het eintlik redes gesoek om uit daardie opdrag weg te kom. Uiteindelik lees ons dat die Gees van die Here Gideon vervul het, waarna hy op die ramshoring geblaas het. En selfs daarna vra hy nog ’n laaste kans vir ’n teken dat hy die regte ding doen.

Toe maak Gideon, wat toe herdoop is Jerubbaal, die manskappe bymekaargemaak, en ons lees dat daar 32 000 manskappe opgedaag het. Toe die Here sê dat die manskappe te veel is, het die wat bang is en bewe, teruggaan huis toe. Toe draai 22 000 om en gaan terug, sonder dat hulle verwyt is vir hulle vrees. Die tienduisend wat oorgebly het, was steeds te veel, en ons ken die geskiedenis waar hulle uitgedun is tot by 300.

Volksgenote, God het gewag tot daar 32 000 manskappe byeen was, wat oorlog kon voer, voordat Hy Sy wonderwerk met die 300 man uitgevoer het.

Op 24 September 2011 was daar 34 532 mense wat hulleself bereid verklaar het by wyse van ondertekening van ’n aansoekvorm om registrasie, en daarmee gepaardgaande verklaring van strewe na volksvryheid. Ons het meer as Gideon se 32 000 man gehad. Toe was daar ook 11 706 wat dalk bang kon gewees het en nie gaan stem het nie, alhoewel daar ook ander wettige redes vir hulle afwesigheid was. Uiteindelik het 22 826 oorgebly en opgedaag om getel te word. Dalk gaan God ons in die tyd wat voorlê nog ’n bietjie uitdun, dalk gaan hy ons name op die kieserslys vermeerder. Dis in Sy hand.

Intussen is ons soos Gideon, baie onseker van onsself, en ons vra ook God se leiding en duidelike rigting waarin ons moet beweeg. Ek glo Hy het ons by ons eerste byeenkoms reeds in ’n rigting begin stuur, en die Woord sê dat as twee of drie oor ’n saak saamstem, dan sal dit so wees. Ons is nege wat saamstem, en sien daarin die Hand van God wat ons eensgesindheid, visie en rigting gee.

Omdat ons soekend en onseker is, soos Gideon, moet u ons nie gelukwens met die verkiesing nie. Moenie die mens vereer of verheerlik nie, maar gaan elke aand in u binnekamer en bid vir ons volk, en ook vir ons as die nietigste van alle diensknegte wat hierdie taak moet gaan uitvoer. Plaas ons op geen voetstuk nie, want ons is volksgenote soos u, wat net weer vry wil word in ’n eie land vir die Boerevolk, met ons Almagtige Vader as opperheerser waar Sy gebod en Sy wil die koers sal aandui.

Ons is ook nie so arrogant om ons as die verteenwoordigers van alle Boere of Afrikaners te verklaar nie. Ons verteenwoordig die 34 532 kiesers wat op 24 September vanjaar geregistreer was, asook dié wat daarna hulle name op die kieserslys geplaas het of nog gaan plaas. As u nie wil hê ons moet u verteenwoordig nie, moet u die VVK in kennis stel dat u naam verwyder moet word. Ons kan nie bekostig om onsself te verlam met lammes en lamsakkiges nie. As u bang word, gaan huis toe, ons sal soos in die Gideon-situasie u nie verwyt nie. Maar ons lees ook nêrens dat die banges die lewe vir Gideon moedswillig moeilik gaan maak het nie. Gideon het met God se Genade die stryd tot ’n suksesvolle einde deurgevoer sonder dat sy eie volksgenote hom kom staan en hinder het. Gee ons ook daardie kans sonder om ons nietige hindernisse in die pad te lê.

Kom ons raak nie betrokke by onsinnige twisgesprekke nie, of mors nie ons kosbare tyd in debatte met onoortuigbares, wat net daarop uit is om ons te verdeel nie. Ons moet verwag dat ons vyande alles gaan probeer doen om ons te verdeel of selfs net onseker te maak van dit waarmee ons besig is. Ons sal nou meer as ooit, moet saamstaan en dit is tog moontlik? Ons streef tog na een gemeenskaplike saak: Vryheid vir die Boere- of Afrikanervolk. Kom ons kry daardie beginsel eers gevestig en erken, en dan kan ons na die volgende fase oorgaan.

Kom ons beloof vanaand ook trou teenoor mekaar, trou teenoor ons volk, trou teenoor God, en ons trek nie net die geloofwapenrusting aan nie, maar ook die volkswapenrusting. Laat ons werk asof bid nie gaan help nie, maar laat ons ook bid asof werk nie gaan help nie. Dan sal ons weer ’n vrye volk wees wat sy rang in die statery van vrye, beskaafde volke gaan inneem!


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>