best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Verslag soos op 31 Januarie 2013

Opdrag. Die Volksraad se opdrag is om dié deel van die Boere-Afrikanerdom wat sy vryheid begeer en die Volksraad as sy aangewese verteenwoordigende liggaam beskou, te verteenwoordig. Binne die bepalings van die Volkereg moet die Volksraad doen wat nodig en moontlik is om die Boere-Afrikanervolk se vryheid (selfbeskikking) te herwin.

Proses.  Die proses wat gevolg word, vereis dat ons vryheidseis eers aan die S.A. Regering voorgelê moet word, en indien daar nie met hulle tot ‘n vergelyk gekom word nie, moet die Volksraad hom na die internasionale gemeenskap wend om bemiddeling in die dispuut te verkry. Indien daarmee nie geslaag word nie, moet die volk verdere opdragte aan die Volksraad gee.

Uitvoering

Die Volksraad het verskeie skrywes aan die kantoor van die ANC-President gerig ten einde die Regering in te lig dat ons volk ons reg op selfbeskikking op vreedsame wyse wil opeis. Geen reaksie is op ons versoeke ontvang nie omdat, soos ons deur nie-amptelike kanale meegedeel is, die Regering deur sy adviseurs geadviseer is om nie daarop te reageer nie, aangesien enige reaksie geïnterpreteer sou kon word as ‘n erkenning van ons volk se reg op selfbeskikking, en van die Volksraad se status as gekose verteenwoordiger van die volk.

Gevolglik is ons geskrewe eis om selfbeskikking op 17 Oktober 2013 aan die President se kantoor oorhandig. ‘n Sperdatum van 30 November 2013 is gestel waarop die Regering daarop moes antwoord. Ook dit is geïgnoreer.

Intussen het die Volksraad deur middel van briewe en persoonlike besoeke verskeie internasionale  instansies ingelig oor die bestaan van die Volksraad, ons volk se begeerte om sy reg op selfbeskikking uit te oefen, en die volksmoord wat ten ons gepleeg word. Op 30 November is kopieë van ons vryheidseis aan die Nederlandse en Duitse ambassades (synde ons stamlande) oorhandig, asook aan die VN se kantoor in S.A. (‘n Poging is ook aangewend om dit aan die Franse ambassade te oorhandig, dog toe ‘n gewone sekerheidswag dit in ontvangs wou neem, het die Volksraad se verteenwoordiger dit as ‘n belediging en ‘n afjak beskou en geweier om dit aan hom te gee).

Die doel van die oorhandiging is om die buiteland bewus te maak dat so ‘n eis by die S.A. Regering ingedien is, en om die basiese gronde vir die opeis van ons vryheid aan sleutel­moondhede bekend te stel.

Geen reaksie is op enige van die oorhandigings ontvang nie.

Internasionale bemiddeling. Alvorens sukses verwag kan word met die verkryging van internasionale bemiddeling, moet binnelandse remedies eers uitgeput word. Dit vereis dat verdere aksies soos hieronder gemeld, uitgevoer moet word.

Besoek aan Europa. Mnr. Henk van de Graaf is daarna na Europa waar, op sy versoek, lede van die Europese Parlement hulle bereid verklaar het om amptelike skrywes aan die S.A. Regering te rig oor laasgenoemde se weiering om met die Volksraad oor die aangeleentheid in gesprek te tree. Dit is nie bekend of enige sodanige skrywes al gerig is nie.

Die Volksraad is deur ‘n medewerker met ore in regeringsinstansies meegedeel dat die S.A. Regering bekommerd is dat buitelandse druk inderdaad op hulle uitgeoefen kan word oor die saak.

Klag teen die S.A. Regering. Op 3 Desember 2013 het die Volksraad ‘n klag teen die S.A. Regering by die S.A. Menseregtekommissie (SAMRK) gelê oor die Regering se versuim om aan die tersaaklike bepalings van die Internasionale Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte te voldoen. Die Konvensie is ‘n afdwingbare internasionale verdrag, wat ook deur die S.A. Regering onderteken is. (Die SAMRK is die aangewese instansie in S.A. waar sodanige klagte gelê moet word). Ontvangs van die klag is skriftelik erken, dog dit is duidelik dat daar nou voete gesleep word met die hantering daarvan. Die SAMRK is vanaf 16 Januarie per vonkpos en telefoon aangemaan om die klag te hanteer. Informeel is ook regsadvies ingewin oor hoe dié Kommissie gedwing kan word om hulle werk te doen. Die advies is onder meer dat die volksraad ‘n hofbevel tot dien effekte moet aanvra.

Intussen word ander aksies oorweeg om gewig te gee aan dié klag en die SAMRK tot aksie te dwing.

Verdere klagte teen die S.A. Regering oor versuime om aan internasionale verdrae te voldoen, sal periodiek by die instansies wat oor die voldoening daaraan toesig hou, gelê word.

Besoek aan Israel. Gedurende Januarie het een van die Volksraadslede ook ‘n besoek aan Israel gebring en samesprekings gevoer met ‘n simpatieke persoon wat oor wye kontakte op amptelike vlak beskik. Die Volksraad is besig om advies en voorstelle wat gemaak is, te oorweeg en die uitvoerbaarheid daarvan te ondersoek.

Konstitusionele Hofaansoek. Die Volksraad is saam met ‘n senior advokaat en prokureurs besig met voorbereiding om die Konstitusionele Hof te nader vir ‘n verklarende bevel om die Regering te dwing om in gesprek te tree oor ons selfbeskikkingseis.

Slotopmerking. Met sy verkiesing het die Volksraad hom verbind tot ‘n termyn van 18 maande om die proses soos hierbo beskryf, uit te voer. Vir ‘n saak soos hierdie en in ag genome die stadige pas waarteen  regsprosesse beweeg, is 18 maande om  ‘n volk se vryheid te verkry, totaal onrealisties. Die Volksraad gaan nietemin voort en wanneer die 18-maandetermyn op 13 Mei vanjaar verstryk, sal die Volksraad ‘n aanbeveling aan die volk maak in die lig van die dan heersende situasie.