Boere-Afrikanervolksraad http://volksraad.co.za Mon, 26 Jan 2015 10:17:19 +0000 en-US hourly 1 http://wordpress.org/?v=3.4.1 Mediaverklaring – 20 Januarie 2015 http://volksraad.co.za/mediaverklaring-20-januarie-2015/ http://volksraad.co.za/mediaverklaring-20-januarie-2015/#comments Tue, 20 Jan 2015 11:36:09 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=485 Read More →]]> 20 Januarie 2015

Die Boere-Afrikanervolksraad het weer deur sy regsverteenwoordiger ‘n skrywe aan die Suid-Afrikaanse Regering se regsverteenwoordigers gestuur met die eis dat die gesprek wat in Augustus 2014 plaasgevind het, dringend opgevolg moet word.

Tydens die gesprek tussen die Volksraad en adjunk-president Cyril Ramaphosa, is ooreengekom dat ‘n opvolggesprek noodsaaklik is, en is voorgestel dat dit in ongeveer drie maande tyd sou plaasvind.  Tot dusver is niks weer van die ANC-regering verneem nie.

Tydens sy eerste volledige sitting vanjaar, het die Volksraad dit duidelik gestel dat hy sy hofaksie teen die regering opgeskort het op voorwaarde dat die gesprekvoering voortgesit gaan word.  Soos ooreengekom het die Volksraad ook ‘n Makro-Plan na Vryheid uitgewerk en aan die regering beskikbaargestel, as basis vir die volgende gesprekvoering. “As die regering nou wil voete sleep en die gesprek wil vertraag of selfs laat doodloop, sal ons geen ander keuse hê nie as om ons aanvanklike hofaansoek voort te sit,” sê mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad.

Tydens die Volksraadvergadering is ook besluit dat die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) gevra gaan word om verkiesingsgereed te kom. “Ons moet ‘n nuwe en breë mandaat kry, en met die oog op ‘n moontlike langer gesprek met die regering, sal ons ons basis moet verbreed en ‘n hernude en groter mandaat van die volk verkry,” sê mnr. Breytenbach.

Die Volksraad het weer eens sy ondersteuning gegee aan die VVK se grondopname. “Ons moet weet waar ons mense is wat vryheid wil hê, en wat graag hulle eiendom sal wil sien in ‘n selfstandige Afrikanerstaat,” sê mnr. Breytenbach.

Daar is ook op ‘n aksieplan besluit om die Volksraad se strewe meer plaaslik, maar ook internasionaal bekend te stel. “Die ideaal sou wees as alle volksorganisasies wat selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk nastreef, veral op internasionale terrein kon saamwerk om ‘n eenvormige boodskap na die wêreld uit te dra. Natuurlik moet die ANC-regime ontmasker word as ‘n onbevoegde en rassistiese bende wat daarop uit is om die Afrikaner te vernietig, maar ons moet ook die buiteland ons boodskap van hoop en ‘n werkbare alternatief gee. ‘n Volksdepartement van buitelandse sake sou daarvoor ‘n ideale voertuig uitmaak, en die Volksraad het besluit om met ander organisasies daaroor in gesprek te tree,” sê mnr. Breytenbach.

 

]]>
http://volksraad.co.za/mediaverklaring-20-januarie-2015/feed/ 0
Inleidende woorde deur die Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad tydens die samesprekings met die Regering op 28 Augustus 2014 http://volksraad.co.za/inleidende-woorde-deur-die-voorsitter-van-die-boere-afrikanervolksraad-tydens-die-samesprekings-met-die-regering-op-28-augustus-2014/ http://volksraad.co.za/inleidende-woorde-deur-die-voorsitter-van-die-boere-afrikanervolksraad-tydens-die-samesprekings-met-die-regering-op-28-augustus-2014/#comments Thu, 18 Sep 2014 11:38:13 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=463 Read More →]]> Hon. Vice-president, Minister Masuta,

When we first requested this meeting, we specifically mentioned that its purpose would be to commence with talks regarding the Boer-Afrikaner People’s rightful claim to territorial self-determination.

On behalf of the Volksraad and all those citizens who regard us as their representatives in this issue, we express our sincere gratitude for this opportunity to meet with the Government to discuss this subject.

The Volksraad accepted the agenda proposed by you for this meeting. We shall assume that you are acquainted with the motivation for our right to self-determination, as stated in the documents presented by the Volksraad to the Government. I shall therefore skip a detailed motivation of our premises — unless required by you* — and we will conclude these introductory remarks, by tabling a proposal.

The discussions that will follow will then offer the opportunity to raise questions and any issue in this regard.

I trust that we shall be able to keep these discussions today more on a conceptual level and refrain from descending to the detailed practicalities. The details can be dealt with at the appropriate time.

Our fundamental premise is that

  • An unsurpassed injustice has been committed against the Boer-Afrikaner People, that calls to be rectified.
  • This people has a vested and inalienable right and desire to rule itself in its own territory; and
  • we require that this right be satisfied by way of a peaceful and legal process.
  • The right of fellow citizens who do not wish to identify with this claim, is respected, and they must be permitted to freely exercise another option as regards their constitutional association and their destiny. Their choice may not, however, restrict this claim and its satisfaction in any way, just as this claim will in no way be binding on them.

    We are aware that there are people who view the idea of territorial self-determination very negatively. To us it is the pursuance of a long standing tradition, during which several land barter transactions were concluded between Boer leaders, African tribal kings and various paramount chiefs.

    Any sound concept can be poisoned by attaching wrong or distorted connotations to it. Unfortunately it also happened with the issue under discussion, due to past utterances and conduct — possibly on both sides.

    You and we should, however, look past these antagonistic perceptions and problems, and we should deal with this issue with great responsibility. Our calling in life is to build, not to be destructive; to be sincere and generous, not small-minded.

    History teaches us that an idea and aspiration like this never dies, nor can it be suppressed indefinitely. In fact, ignoring it leads to increased resistance and animosity, which ends up in growing tension and conflict in the state, which is to the disadvantage of all.

    I may add to this that nations that freely live their life and develop to their full potential according to their unique nature and character, bring prosperity and stability not only to those states, but to the whole region.

    We say this, fully aware that the Boer-Afrikaner people whom we represent, have been deprived of the usual worldly means of power on which parties rely to enforce their will. We enter these talks nevertheless with confidence in the right of our cause, and with trust in the Almighty God, who determines our destiny.

    An exceptional opportunity has now crossed your and our way — an opportunity to turn history for the better and to co-determine and confirm International Law.

    Let us demonstrate the necessary greatness of heart and spirit to avail us of this opportunity. Only pettiness, craving for power and political prejudice can cause it to fail — not legal restrictions, for acts and constitutions are made and amended by man to conform to the ever evolving requirements of nations and states.

    Of course, we accept that stumbling blocks and tough problems will be encountered, because this is a highly challenging issue. However, all of us are gifted with sufficient intellect to solve each and every one of such problems by applying imagination, will-power, wisdom and a sound attitude.

    We want to assure you that we offer our cooperation to follow a due process, whereby the issue of freedom for the Boere-Afrikaner nation can be resolved. We are convinced that this road can provide an example of statesmanship to the world – a world that is also very much aware of the history of the Boere-Afrikaner nation, and its ideals of self determination and freedom.



* Die leier van die Regering se afvaardiging het vervolgens versoek dat die Volksraad wel die besonderhede en motivering vir ons aandrang op vryheid voordra, waarop die kernpunte soos vervat in Die Boere-Afrikanervolk se eis om Selfbeskikking aan die vergadering voorgedra, en  ‘n Engelse vertaling van die volledige dokument aan hom oorhandig is. Tewens is die totstandkoming van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK), hul werksaamhede en die Volksraadsverkiesing wat gehou is, aan die vergadering verduidelik.

]]>
http://volksraad.co.za/inleidende-woorde-deur-die-voorsitter-van-die-boere-afrikanervolksraad-tydens-die-samesprekings-met-die-regering-op-28-augustus-2014/feed/ 0
DRINGENDE OPROEP TOT GEBED VIR ONS VOLKSVRYHEID http://volksraad.co.za/dringende-oproep-tot-gebed-vir-ons-volksvryheid/ http://volksraad.co.za/dringende-oproep-tot-gebed-vir-ons-volksvryheid/#comments Mon, 25 Aug 2014 11:14:45 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=459 Read More →]]> Hiermee wil die Boere-Volksraad elke volksgenoot oproep tot voorbidding!

Dit is hierdie Donderdag dat die volksraad met die huidige regering wat heers in die land in ‘n eerste gesprekvoering gaan wees om ons onafhanklikheid te eis waarop ons geregtig is.  Dit sal egter nie uit onsself kan wees dat ons vryheid weer ons eie sal wees om tot op die hoogste vlak oor onsself te kan regeer as dit nie van die Hemelse Vader aan ons gegee sal word nie.

Laat die Skrif toe om in u hart af te sak en geloof te werk dat ons volk se heil alleen van die Hemelse Vader afhang en nie van enige mens nie, nie ‘n regeringslid of ‘n volksraadslid nie:

Psa_22:29 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.

Psa_33:10  Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

Psa_44:3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

Psa_44:12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

Psa_46:7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.

Psa_46:11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Psa_47:4 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.

Psa_47:9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.

Psa_66:7  Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

Psa_67:5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

Psa_78:55  En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.

Psa_80:9 ‘n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.

Psa_98:2  Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

Psa_106:27  en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.

Psa_106:47  Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

Psa_113:4  Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.

Psa_117:1  Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!

Psa_135:10  wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

 

Duidelik moet ons gedagtes en harte gevul wees met die feit dat daar maar net een ware God is, en dit is Hy alleen wat bepaal wie regeer en wie nie.  Dit is tot Hom alleen wat ons ons vertroue kan stel om ons weer genadig te wees as volk en aan ons die voorreg te gee om oor onsself te regeer. 

Weet egter dat God mense opwek om te werk en opwek om ook te bid sodat Hy Sy eie doel kan bereik.  En weet in tye van groot sake soos hierdie, dat God behae het in hulle wat bereid is om te vas en te bid.  God het Nehemia opgewek om juis dit te doen, sodat God deur Nehemia weer Sy volk se vryheid kon herstel het:

Neh 1:4  En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel

Neh 1:5  en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou—

Neh 1:6  laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

Neh 1:7  Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.

Neh 1:8  Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;

Neh 1:9  maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

Neh 1:10  Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.

Neh 1:11  Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.

 

En daarby het die Here Jesus ons geleer dat hierdie laaste geslag nie sal deurbreek tot God as dit nie is in meer as gebed nie, nl in gebed en vas nie:

Mar 9:28  En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?

Mar 9:29  En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

 

Duidelik hang ons volk se vryheid nie daarvan af of die regering nog altyd ons onafhanklikheid wou erken of nie, ook nie of ons as volksraad met woorde van menslike wysheid en oorredings vermoe in enige vergadering gaan triomfeer nie.  Alles hang daarvan af of die Drie-enige God van die hemel en aarde, wat alleen heers oor die nasies en volke, wat Hy sal bepaal.  Verder bepaal hy ook die tye wat Hy enige volk in ballingskap sou stuur, en wanneer Hy hulle verlossing gaan bewerk.   Solank ons net volhardend sal wees in ons werk, en in ons gebede tot Hom, soos ons in die volgende twee teks gedeeltes kan sien:

Dan_2:21  Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;

En:

Luk 18:1  En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

Luk 18:2  en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.

Luk 18:3  En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

Luk 18:4  En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

Luk 18:5  tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

Luk 18:6  Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

Luk 18:7  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?

Luk 18:8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

 

Daarom roep ons u op om erns te maak met die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, hierdie week, sodat Hy ons geroep tot Hom kan verhoor, en dat Hy Sy magtige arm in beweging kan bring oor ons volk se toekoms, en dat dit tot ons vryheid kan dien.

  1. Drie sake is van belang, eerstens dat ons Hom sal nader in gebed en vas ter wille van Hom self, ter wille van Sy eer: 

Psa_57:10 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

En

Psa_108:4 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;

 

Ons kan slegs verwag dat die Here ons sal verlos, as ons bereid sou wees om in ‘n land van vryheid Hom te dien en Sy eer alleen te soek.  Nie materialisme, of eie genot en plesier of die afgode van hierdie wereld nie.

2Kor 6:16  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

 

Dit is ook hier waar ons die Here kan herinner aan die feit dat hierdie goddelose regering met Hom spot soos hulle al in die verlede gedoen het, en dat Hy vir Sy heilige Naam moet intree en hulle moet onttroon, en weer aan ons ‘n eie grond gebied sal gee waar ons Hom sal dien met vrees en eerbied.

Psa_110:6  Hy sal ‘n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel ‘n hoof oor ‘n groot land.

En ook:

Psa_82:8  Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.

En ook:

Psa_94:10  Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie—Hy wat die mens kennis leer?

 

So besluit om u te verbind in gebed om Hom te wil dien volgens Sy Woord in die gebied of deel van die land, of die hele land wat Hy aan ons sal gee as ons Hom sal dien tot Sy eer.

Psa_96:3  Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

 

  1. Tweedens roep ons u op tot gebed sodat ons ook belydenis sal doen van persoonlike sondes in ons eie lewens, (beslis nie vir apartheid nie) sodat daar nie ‘n skeidsmuur sal wees tussen ons en God nie:

Jes 59:1  Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

Jes 59:2  maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

 

Ons kan nooit verwag dat die Here aan ons ons vryheid moet terug gee, as ons willens en wetens met sonde in ons lewens sit waarmee ons nie wil breek nie.  Aan Israel het die Here gesê voordat Hy die land Kanaan aan hulle sou gee:

Deu 30:1  En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,

Deu 30:2  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

Deu 30:3  dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.

Deu 30:4  Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

Deu 30:5  En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.

 

Doen dus belydenis van die sondes in jou lewe, en gee jou lewe aan die Here oor om volgens Sy Woord en wil alleen te lewe.  Sou die volgende dinge in u lewe wees, breek dan daarmee:

1Kor 6:9  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

1Kor 6:10  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

1Kor 6:11  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

 

Dit is so noodsaaklik dat ons sal besef ons kan nie die seën van die Here verwag aan die een kant, maar aan die ander kant wil ons nie die vryheid wat ons van Hom vra en verwag gebruik om Hom alleen te dien daarmee vorentoe nie.

 

Daar is net een rede waarom die Hemelse Vader enige volk sal red en aan hulle weer vryheid sal gee, en dit is dat dit tot Sy eer en Sy eer alleen sal wees.  Dit sluit beslis in dat ons sal kies om volgens Sy Woord te lewe as ons sou beweer ons begeer vryheid tot Sy eer.  Dit moet ons enigste motief in enige gebed wees, ook wanneer ons as volk Hom in die gebed gaan ken en nader hierdie week, en elke week van elke vergadering vorentoe.

En is die beginpunt vir elke volksgenoot om persoonlik reg te maak voor die Here wat verkeerd mag wees in ons lewens:

2Kron 7:13  As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,

2Kron 7:14  en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

2Kron 7:15  Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.

2Kron 7:16  So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.

2Kron 7:17  En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,

2Kron 7:18  dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ‘n man ontbreek wat in Israel sal heers nie.

2Kron 7:19  Maar as júlle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig,

2Kron 7:20  dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan ‘n spreekwoord en ‘n spotlied maak onder al die volke.

 

  1. Derdens en laastens roep ons u op tot vas en gebed sodat ons spesifiek sal bid vir die saak van vryheid, om onafhanklik te regeer oor onsself, sodat ons Hom alleen kan dien in die land wat Hy aan ons wil terug gee as ons reg gemaak het met Hom.

Joh 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

Joh 16:24  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

 

Solank ons God se eer eerste stel, en binne Sy wil bid, sal Hy ons verhoor.   Wees spesifiek oor die saak, met opregtheid teenoor God en Sy eer alleen. 

 

Hoe moet ons dit doen?

Ons stel voor dat daar drie dae van gebed sal wees vir hierdie saak, vanaf Dinsdag tot en met Donderdag.  Ons roep u ook op tot vas en gebed.  U kan gedeeltelik vas en bid sou u werklik nie anders kon nie.  Andersins roep ons u op tot vas en gebed vir die hele drie dae vanaf Dinsdag tot Donderdag.

 

Voorstel een:

Drink net water as u gesondheid dit sou toelaat (nie vir suikersiekte lyers nie), en spandeer die drie etenstye in gebed vir hierdie saak, een uur in die oggend, een uur in die middag, en een uur in die aand.

 

Voorstel twee:

Sou u moet werk en nie af tyd kan neem (onbetaalde verlof as u hierdie offer kan bring) nie, bid een uur voor werk, u middag ete een uur, en ‘n uur na werk.

 

Voorstel drie:

Sou u dit werklik onmoontlik vind om drie dae die aangesig van die Here te soek, dat u ten minste Donderdag die tyd sal uitkoop om niks anders te doen as om die dag in gebed deur te bring vir ons volk se vryheid, en spesifiek vir wysheid en leiding en ‘n kalm gees tydens Donderdag se vergadering nie.  Dit kan juis God se tyd wees vir ons volk se nuwe vryheid.  Kies om deel daarvan te wees.

 

Kies om die hele Donderdag af te neem as u kan, en bid saam met ander of alleen, terwyl die vergadering aan die gang is.

Sou u in die Carletonville omgewing wees, of bereid wees om te ry, sal ons kerk gebou te Grundlingstraat 49, Uitbreiding 9, oop wees vir die hele Donderdag vanaf 08:00 tot en met 17:00 om te kom bid.  Vir een uur of die hele dag net soos u dit kan doen, of gedurende u etenstye. 

U kan ook help om ander geboue in u omgewing te reël vir gebruik waar ander kan heengaan om saam te bid.  Dit kan wees vir Dinsdag of Woensdag of Donderdag of vir al drie dae.  Ons kan nie voorskriftelik wees nie, waar mense tyd kan maak om te bid moet ons nou werklik bid.

 

Onthou; dit was juis toe die gemeente in gesamentlike en eendragtige gebed verkeer het dat die Here ‘n engel gestuur het om Petrus uit die gevangenis uit te gely het.

Hand 12:5  So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

 

Hand 12:7  En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hom, en ‘n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.

 

Hand 12:10  En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.

Hand 12:11  Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.

 

Die belangrikste wat u ooit kan dink om te doen is om vir ons vryheid te bid.  Gebed is die eerste en belangrikste wapen wat ons nou het om vry te kan wees.

2Kor 10:3  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

2Kor 10:4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

2Kor 10:5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

 

 

Moenie luister na hulle wat wil beweer dit is ‘n saak van onmoontlikheid nie:

Luk 18:26  Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?

Luk 18:27  Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

 

Kom wees deel van die oplossing tot ons vryheid en soek die aangesig van die Here hierdie week!

By voorbaat dank aan u namens die Boere-Volksraad wat u gebede meer nodig het as enige iets anders!

Ds F.S. Devenier, Carletonville

 

Vir navrae skakel die Voorsitter van die Volksraad, mnr Andries Breytenbach, of skakel my as u meer wil weet rondom ons gebeds versoek. Ds Ferdie Devenier, 078 215 1394

]]>
http://volksraad.co.za/dringende-oproep-tot-gebed-vir-ons-volksvryheid/feed/ 0
REGERING VRA UITSTEL http://volksraad.co.za/regering-vra-uitstel/ http://volksraad.co.za/regering-vra-uitstel/#comments Wed, 25 Jun 2014 05:15:27 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=444 Read More →]]> 24 Junie 2014

MEDIAVERKLARING: REGERING VRA UITSTEL

In die Boere-Afrikanervolksraad se aansoek by die Hooggeregshof om die Regering te dwing om sy standpunt oor samesprekings in verband met selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk, te stel, het die Staatsprokureur, wat vir die Regering optree, versuim om sy beantwoordende verklaring teen die spertyd wat deur die hofreëls neergelê word, in te dien. Dié sperdatum het op 19 Junie verstryk.

 

Die dag daarna het die Volksraad se regsverteenwoordiger ‘n dringende faks (wat teruggedateer is na 18 Junie) van die Staatsprokureur ontvang waarin ‘n maand uitstel vir die indiening daarvan versoek word. Verskeie redes word vir die versoek aangevoer waarvan slegs twee na die mening van die Volksraad gewig dra, te wete (1) die aanwysing ná die onlangse verkiesing van ‘n nuwe minister vir die Dept van Jusitisie (voorheen Justisie en Konstitusionele Sake), wat hom eers op hoogte moet stel met die aangeleentheid; en (2) die noodsaaklikheid om die inhoud van die 8ste en finale verslag van die toenmalige Volkstaatraad, waarna in die Volksraad se funderende verklaring verwys word, te bestudeer.

 

Die Staatsprokureur het die Volksraad se regsverteenwoordiger versoek om aan hom ‘n kopie van dié verslag, wat blykbaar nie in die Staat se argiewe gevind kan word nie, te voorsien.

 

Aangesien die hof waarskynlik die bogemelde redes as geldig sal beskou en die Staatsprokureur se versoek om uitstel sal kondoneer, het die Volksraad teësinnig ingestem dat uitstel verleen word tot 18 Julie 2014.

 

Andries Breytenbach

Voorsitter

]]>
http://volksraad.co.za/regering-vra-uitstel/feed/ 0
GESAMENTLIKE MEDIA-VRYSTELLING DEUR DIE VOLKSRAAD EN DIE VVK http://volksraad.co.za/gesamentlike-media-vrystelling-deur-die-volksraad-en-die-vvk/ http://volksraad.co.za/gesamentlike-media-vrystelling-deur-die-volksraad-en-die-vvk/#comments Thu, 06 Feb 2014 10:48:50 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=431 Read More →]]>

6 Februarie 2014

“Die Volksraad het opdrag verleen aan Mnr. Paul Kruger in sy hoedanigheid as prokureur, om ‘n Aansoek voor te berei teen die Regering van Suid-Afrika vir beregting in die Hoë Hof. Die loodsing van hierdie spesifieke Hof-aansoek is noodsaaklik in die lig van sekere vereistes wat gestel word in die Internasionale Reg aangaande die opsies en optrede van ‘n volk wat se reg op selfbeskikking geminag word.

Gedagtig aan die wenslikheid van ‘n standhoudende samestelling van die Volksraad gedurende bogenoemde litigasie-proses, het die Volksraad en die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) sekere samesprekings gehou betreffende die dienstermyn van die huidige Volksraadslede. Die regsaksie sal naamlik in die loop van die volgende paar maande begin- en deurgevoer word; wat sal meebring dat die Volksraad moontlik midde-in ‘n regsgeding teen die Staat betrokke gaan wees op die stadium wat die Volksraad se dienstermyn verstryk. (Die huidige Volksraad was op 10 Oktober 2011 ingehuldig vir ‘n termyn van 3 jaar).

Die twee instansies het ooreengekom dat ‘n opvolgende Volksraadsverkiesing later vanjaar deur die VVK gefasiliteer sal word, mits finansiële- en ander noodsaaklike middele daarvoor uit die volk beskikbaar gemaak gaan word en mits sodanige verkiesing nie die litigasie- en ander prosesse wat daaruit mag voortspruit, negatief gaan beïnvloed nie. Indien dit blyk dat ‘n volskaalse verkiesing nie moontlik of wenslik sal wees nie, sal die VVK voor- of op 1 Oktober 2014 ‘n referendum hou onder reeds-geregistreerde kiesers asook onder volksgenote wat op sodanige tydstip as kiesers geregistreer mag wees of word, en waartydens die volk geleentheid sal kry om te besluit of die huidige Volksraad se mandaat vir ‘n tydperk van maksimum 2 jaar verleng gaan word al dan nie.

Die Volksraad het ‘n regshulpfonds vir die voorgenoemde aksie geskep en volksgenote het nou die geleentheid om deur hul bydraes daadwerklike steun vir die saak te betoon. Besonderhede daarvan is op die Volksraad se webblad www.volksraad.co.za beskikbaar en die Volksraad kan telefonies geskakel word by 012 940 4215.

Voorts word volksgenote wat enige bydrae in verband met die verkiesing/referendum wil lewer versoek om so gou moontlik met die VVK in verbinding te tree (tel. nr. 012 803 0712) – ons toekoms, ons kinders se toekoms en ons vryheid hang van u af”.

]]>
http://volksraad.co.za/gesamentlike-media-vrystelling-deur-die-volksraad-en-die-vvk/feed/ 0
Volksraad koerant – Nr 7 http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-7/ http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-7/#comments Tue, 31 Dec 2013 10:39:10 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=428 Die nuutste Volksraad koerant kan HIER afgelaai word.

]]>
http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-7/feed/ 0
Volksraad koerant – Nr 6 http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-6/ http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-6/#comments Wed, 06 Nov 2013 12:26:16 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=423 Die nuutste Volksraad koerant kan HIER afgelaai word.

]]>
http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-nr-6/feed/ 0
Nuutste Volksraad koerant – 5 http://volksraad.co.za/nuutste-volksraad-koerant-5/ http://volksraad.co.za/nuutste-volksraad-koerant-5/#comments Fri, 04 Oct 2013 11:19:21 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=418 Die nuutste weergawe kan HIER afgelaai word

]]>
http://volksraad.co.za/nuutste-volksraad-koerant-5/feed/ 0
Volksraad koerant 01 http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-01/ http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-01/#comments Thu, 13 Jun 2013 05:53:05 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=413 Die nuwe Volksraad koerant kan HIER afgelaai word.

]]>
http://volksraad.co.za/volksraad-koerant-01/feed/ 0
AFRIKANER, BOER, AFRIKANER-BOER, BOERE-AFRIKANER http://volksraad.co.za/afrikaner-boer-afrikaner-boer-boere-afrikaner/ http://volksraad.co.za/afrikaner-boer-afrikaner-boer-boere-afrikaner/#comments Sat, 20 Apr 2013 15:49:17 +0000 jan http://volksraad.co.za/?p=410 Read More →]]> H v.d Wateren

Wat is die verskil? Is daar ‘n verskil?

Die aanloop tot hierdie oorsig oor woorde, name, terme, is die onverkwiklike en afbrekende getwis in volksgeledere oor die vraag wie is Afrikaner en wie is Boer?

Dat daaroor getwis word kan nie weggewens word nie. Dat daar met bitsigheid getwis word kan nie ontken word nie. Dat die twis sinloos – aftakelend is kan nie verswyg word nie.

Te midde van fisiese en geestelike bedreigings teen ons volksbestaan word eindelose energie verspil in hierdie twis. Waarom? In sigself dui dit alreeds op ‘n toestand van paniekerige angs. Wanneer so ‘n gees in ‘n volk vaardig word, word aan sinloosheid die hoogste prioriteit gegee; word daar met vuur en ywer gestry oor kwessies wat op die rand van volksbelange staan. Wanneer in sulke oorspanne omstandighede besluite geneem word, kan ‘n volk sy eie ondergang bewerkstellig.

So ‘n toestand het rondom 1994 geheers. Met roekelose politieke figure aan die roer van sake het ons paniekgedrewe volk ewe roekeloos sy bestaansreg weggegooi. Nie net die politieke mag nie, maar ons volk se selfrespek is daarmee in gedrang gebring.

Uit verbittering het reaksies ingetree. Deel daarvan was die vraag na ons volksidentiteit. Afrikaans, Afrikaner, Afrikaanses is teenoor Boer opgestel. Dié debat het tot ‘n getwis ontwikkel. En nou, na soveel jare, word steeds met oorspanne emosies gestry sonder om die pit, die oorsaak en gevolg in berekening te bring.

Daarom het die twis sinloos geword en die yweraars oor die saak het steeds nie van hulle koorsige angs ontslae geraak nie. Vanselfsprekend is die bogenoemde ‘n vereenvoudiging van baie los drade wat ‘n rol gespeel het. Terselfdertyd moet onthou word dat die baie los drade ineengevleg is in ‘n oorverhitte politieke kabel wat moeilik ontvleg sal word. Daar was al baie pogings tot ontvlegting. Die suksesse tot dusver is skraal.

Ook hierdie oorsig is ‘n poging tot ontvlegting. Die benadering wat gevolg word is om eenvoudige historiese feite bymekaar te rangskik. Dit staan nie los van volksemosie nie maar die feite (en die oorsig) word nie deur emosies oorheers nie.

Want historiese feite spreek vanself. Elkeen wat daarop met oorspanne emosies wil reageer staan skuldig voor sy eie en voor ons volksgewete.

Die enigste manier om uit ‘n angspaniek los te breek is immers om eenvoudige feite nugter en eerlik te ontleed en te weeg. Dit is wat vervolgens uiteengesit word.

DIE BEGRIP AFRIKANER

Die eerste aangetekende gebruik van die woord Afrikaner wentel om ‘n sekere Hendrik Bibault wat op 6 Maart 1707 uitgeroep het:

“Ik wil niet loopen, ‘k ben een Africaander; al slaat den landdrost myn dood, of al setten hy myn in den tronk, ik sal nog wil niet swygen.”

Sy uitspraak – ek is ‘n Afrikaner – is wel die eerste aangetekende geval maar uit die omstandighede was dit duidelik nie uniek nie.

Sy optrede was deel van die uitbundige vreugde van die Vryburgers se oorwinning oor goewerneur W.A. v.d. Stel en sy korrupte amptenare.

Die stryd teen onreg het die eerste spore van saamhorigheid in ons volksverband geopenbaar. Hollander en Fransman het ‘n nuwe idenditeit as Afrikaners begin toon.

Die vreugde waarmee die oorwinning gepaard gegaan het slaan al vroegoggend op 22 Februarie 1707 in Stellenbosch uit toe ‘n jong man, Albert van Emenis te perd deur die strate gejaag het met galmende krete van “victorie!” Dit het groot opgewondenheid veroorsaak en landdros Starrenburg was nie daartoe instaat om die burgers te kalmeer nie. Selfs sy hardhandige optrede teen Hendrik Bibault en sy drie vriende kon nie hulle geesdrif demp nie.

Dit het inteendeel die samehorigheid waarin die kiem van volksidentiteit gesluimer het, tot ‘n gees van verset aangewakker.

Daarom die uitroep – al slaan hy my dood of sit hy my in die tronk, sal ek nie ingee nie – want ek is ‘n Afrikaner. Vir hom was dit afdoende motivering.

Die besondersheid van die voorval is dat ons hier te doen het met (waarskynlik) ‘n jong Fransman wat Hollands praat en hy noem homself ‘n Afrikaner. Dit vind plaas ongeveer 55 jaar na Van Riebeeck se landing en slegs 19 jaar na die landing van die eerste Franse Hugenote. En reeds is die kiem van volksidentiteit in sy uitspraak waarneembaar.

Want nie taal alleen nie maar ook die lewensdrif tot ‘n eiesoortige voortbestaan en ‘n onderlinge gebondenheid, ‘n historiese lotsgebondenheid, is die wesenselemente van volksidentiteit.

Dit was juis die groeiende lewensdrif en historiese lotsgebondenheid wat goewerneur V.d. Stel vir sy eie voordeel wou onderdruk, wat toe reeds onder die Vryburgers posgevat het. Dit het bly groei en is later versterk deur die taalstryd in die voortbestaanstryd van ons volk. So het die eienaam “Afrikaner” om ons volkstrots en volksidentiteit uit te druk so vroeg as 1707 wortel geskiet. En dit het gebly.

Vergelyk:

● Boëseken A.J. Die Nuusbode onged.
● Afrikaanse Woordeboek Dl. 1 1970
● F.A.K. Afrikaanse kultuuralmanak 1980

DIE BEGRIP BOER

Die oudste gebruik van die woord Boer (met ‘n hoofletter) is onseker.

As tradisionele landbouers was ons voorsate as boere (met ‘n kleinletter) bekend. In hierdie sin kom dit al in Van Riebeeck se tyd voor.

Na alle waarskynlikheid raak die begrip Boer (met ‘n hoofletter) rondom die Eerste Vryheidsoorlog (1881) ingeburger.

‘n Duideliker oorsprong is aan te toon uit die Engelse literatuur – besonderlik in die propagandastukke voor die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902).

Harde propaganda het in die Britse koerante verskyn kort voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Aan die een kant is die bedryfslewe (boere) beklemtoon. Aan die ander kant is die Boere se oorwinning op Majuba (1881) gebruik om ‘n wraakveldtog op tou te sit.

Hierin is gewag gemaak van die Boere en het dit ‘n propagandawoord geword. Volgens Engelse uitspraak is Boer verbind aan “boar”, ‘n soort harige wilde vark wat in Engeland en Europa voorgekom het. So is president Kruger byvoorbeeld in spotprente voorgestel as ‘n wilde vark met Kruger se gesig. Selfs ‘n relatief objektiewe skrywer soos Packenham verbind die woord Boer aan agterlikheid. Volgens sy redenasie was dit die Oos-Kaapse Boere wat agterlik, wreed teenoor die Swart volke en onwillig om die Britse gesag te aanvaar, die binneland ingetrek het. Hy onderskei hulle van die Afrikaners wat volgens hom inskiklike en ordentlike mense was.

In die Noorde het twee Boererepublieke tot stand gekom. En dit was die Boere, “Boers, Boars” teen wie Brittanje oorlog verklaar het.

Hierdie inleidende verduideliking van Packenham strook glad nie met sy deeglike uiteensetting van die oorlog nie. Dit is duidelik dat ook hy deur die Britse propaganda mislei is. Selfs in so ‘n mate dat hy die valse teenstelling tussen Boer en Afrikaner napraat.

Reeds tydens die tweede botsing in Natal, op 21 Oktober 1899 maak die Boere die eerste keer kennis met die Britse gevegsmetodes. Die Britse bevel was “geen gevangenes” – dit wil sê maak dood! Dit was wyd verkondig in Brittanje.

Teen die einde van die veldslag was dit veral die lansiers wat heen en weer oor die Boere gestorm en hulle doodgesteek het. Een Britse offisier se kommentaar na die geveg was “most excellent pig-sticking … for about ten minutes; the bag being about sixty.” Dit vertel die volle verhaal: Dit is soos op ‘n tradisioneel Britse jagtog waar onder andere wilde varke ingehok en dan doodgesteek is. Die oes, “bag” is dan agterna getel.

Ongetwyfeld was die woord Boer in die mond van die Britte ‘n veragtende skeldwoord. Maar soos ook met ander woorde het die skeldwoord ‘n erenaam geword – deur heldedade.

Die roem van Boerehelde in die oorlog het die wêreld verstom. Moed, durf, dapperheid en volharding het die inhoud van die woord Boer wêreldwyd versinnebeeld.

So het die woord Boer ‘n erenaam geword en dit het gebly. ‘n Merkwaardige toevoeging hiertoe was die naam Boer(e)vrou. Ook die vrouens was deur die Britse oorlogpropaganda afgetakel. Die kalme waardigheid, netheid en karaktervastheid van die meeste vrouens in die oorlog, besonderlik in die konsentrasiekamlpe het ook die vrou verhef tot heldin. Dit is eenvoudig gedoen deur die feite op te teken en te publiseer – sonder om elkeen tot heldin te proklameer. Dit was nie nodig nie. Want die feite spreek vanself.

Vergelyk:

Packenham T: The Boer War 1979
Hobson J.A.: The psychology of Jingoïsm 1901

Die eenvoudige wyse om die sleutelwoorde, Afrikaner en Boer verder te weeg is om die deining van die woordgebruik deur die geskiedenis na te gaan.

Dit wentel om die woordgebruik deur gesaghebbende historici gebruik, en om uitsprake van prominente leiersfigure – min of meer in kronologiese volgorde.

Die begrip Afrikaner om ons volksgevoel uit te druk het na 1707 konsekwent gebly.

● In 1779 vlam die volksbewussyn in die Oos-Kaap sterk op met die sg. burgerpetisie van die Patriotte beweging. Met burger is vaderlandsliefde uitgedruk.

● In ‘n akademiese geskrif in 1784 word die volksgevoel en vaderlandsliefde uitgedruk met “onze Africaners.” Die Patriotters beskou hulleself as onderskeibaar van die gekleurde en Swart inboorlinge enersyds en andersyds beklemtoon hulle hulle onafhanklikheidstrewe van Europa wat as verafgeleë stamlande wel gerespekteer word.

● In ‘n geskrif van die Patriotters van 1795, identifiseer die skrywer homself as “een Africaan.”

● In 1795 word die identiteitsbewussyn skerper omlyn wanneer die burgers bereid is om die wapen op te neem teen die eerste Britse besetting van die Kaap.

● In 1800 loop die sg. Van Jaarsveld-opstand uit op ‘n gewapende botsing van klein omvang. Die veronderstelde leiers, Van Jaarsveld en Prinsloo word in die Donker Gat in die Kasteel opgesluit waar Van Jaarsveld sterf. Met sy vrylating in 1803 – toe die Kaap weer Hollands word – geniet “Kasteel” Prinsloo ‘n helde ontvangs.

Vergelyk:

● C. Beyers: Die Kaapse Patriotte 1967

● Gie S.F.N. Geskiedenis vir Suid-Afrika 2 dle (1955)

● Met die tweede Britse besetting van die Kaap in 1806 was die volksgevoel, volksidentiteit en onafhanklikheidsbeskouing relatief goed gevestig. Die historiese lotsgebondenheid van ons volk is verder in die stryd teen Britse oorheersing gestimuleer.

Dit het veral gewentel om die taalstryd, godsdiensstryd en stryd weens die Britse beleid teenoor die inheemse bevolking – kleurlinge en Swartes. Laasgenoemde loop uit op Slagtersnek in 1816. Hiermee was die skeidslyne helder getrek:

Die Afrikaner, die Engelse bewind en die Swart volke.

Teen 1815 was die begrip Afrikaner wat ‘n afsonderlike volk aandui duidelik gedefinieer.

Vergelyk:

● Coetzee J.A. Skavot onged. (Dr Coetzee het die Slagtersnekbalk teen 1949 her-ontdek terwyl hy oor die volksbewussyn teen 1970 sterk debat voer met skrywers soos dr. Heese wat Jan-en-Alleman by ons volk wou insluit.)

● E. Walker (1934) navorser en skrywer oor die Groot Trek gebruik die woord “Afrikander” wanneer hy die volksverband, taal en kultuurlewe gedurende die Groot Trek (1836-38) beskryf maar t.o.v. die ekonomiese bedryfslewe en eiendom gebruik hy die woord Boer. Hy bedoel daarmee dieselfde ofskoon dit ‘n tematiese aksentverlegging aandui.

● Die uitgebreide tweedelige navorsingstuk van die R.A.U. en R.G.N. onder redaksie van prof. Dr. E. Stals oor die Afrikaner in die Goudstad (1886-1961) gebruik deurgaans die term Afrikaner wanneer “Afrikaans sprekende Blankes” beskryf word. Uit die totale sinsverband is dit duidelik dat dit oor die verstedelikte deel van die Afrikanervolk gaan.

● Generaal C.R. de Wet skryf in sy boek Die Stryd Tussen Boer en Brit, 1903, dat hy die inhoud neergeskryf het “voor het Afrikaanse volk maar ook voor het gehele wêreld.” Die Boeregeneraal by uitnemendheid ag homself deel van die Afrikanervolk. Daarom gebruik hy Boer en Afrikaner as wisselterme.

Dieselfde strekking vind ons in sy toespraak tydens die onthulling van die Vrouemonument op Bloemfontein in 1913. Daar gebruik hy die woorde “Afrikaanse volk” as hy oor die Boereheldinne praat.

● In oud president Steyn se laaste (onvoltooide) toespraak in 1916 – toe hy voor die gehoor gesterf het – sê hy o.a.” “man kan de Afrikaner geen groter nekslag toebrengen dan door de vroueren te verdelen.”

President Steyn is begrawe aan die voet van die Vrouemonument. Daardie monument wat – deur Steyn se toedoen – opgerig is vir die Boerevrouens wat in die oorlog gely het. Tydens die begrafnis het menige spreker gewys op president Steyn se volksverbondenheid, sy volkstrou en sy vaderlandsliefde.

In die somtotaal daarvan vind ons ‘n kondensasie van die suiwer betekenis van volk, burger, patriot, Boer, Afrikaner.

● President Kruger noem in 1899 president Steyn ‘n opregte Afrikaner. Elders praat hy van die Afrikaanse nasie. Ook vir president Kruger was daar geen betekenis-onderskeid tussen Afrikaner en Boer nie behalwe vir die aksent van trou by die Boerehelde.

By ander skrywers word dieselfde aksent aangetref.

●● Sarah Rahl – Met die Boere in die veld 1937 beklemtoon die trou, durf en volharding van die Boere.

●● Mev. E. Neethling, Mag ons Vergeet, 1916, en Afrikaner as wisselterme.

●● H. Rabie – V.d. Merwe, Onthou, 1940, gebruik Afrikaner en Boer as identifiserende volksterme met ‘n duidelike agting vir Boerehelde.

● ‘n Belangrike begripsverskuiwing tree teen 1938 in met die simboliese Ossewatrek. Die begrip Boer, as erebenaming, word toe ook toegepas op die heldedade van die Voortrekkers.

Die emosionele opwelling wat met die simboliese trek opgewek is stimuleer woorde soos Voortrekker – Boer, Afrikaner – Boer terwyl Boer en Afrikaner deurgaans as wisselterme gebruik is. Dit kom duidelik in etlike aangetekende toesprake voor. ‘n Deursnit van die toesprake is saamgevat in die Gedenkboek van die Ossewatrek 1938.

Daardie gebeure het ook baie vroeëre skrywers gestimuleer om aantekeninge, herinneringe en manuskripte oor die Vryheidsoorlog te voltooi en te publiseer. Vandaar die konsentrasie van publikasiedatums tussen 1936 en 1945.

Na die emosionele hoogspanning van die jare 1930-1950 tree weer groter rustigheid oor ons volksidentiteit in.

G.D. Scholtz skryf as deurwinterde historikus in 1954 oor die “klein Afrikaanse volk.” In 1957 dra hy die boek, Gevaar uit die Ooste, op aan “alle Afrikaners wat bereid is om hulle persoonlike opofferings vir die voortbestaan van hul volk te getroos.”

Met kenmerkende skerpheid onderskei dr. H.F. Verwoerd in die sestigerjare die begrip Afrikaner – as volk – teenoor die alles insluitende breë begrip bevolking in die hele Suid-Afrika.

Met deeglike wetenskaplikheid dui prof. A.W.G. Raath in 2002 in ‘n tweedelige werk “Die Boerevou 1899-1902” die offervaardigheid van Boereheldinne aan.

Met hierdie reeks voorbeelde van begripsgebruik oor byna drie eeue word volstaan.

Die begrippe Afrikaner, Boer, en kombinasies bv. Afrikaner-Boer het oor hierdie eeue heen as deel van ons volkstaal gegroei en met ‘n duidelike betekenis geyk geraak.

Beide woorde word gebruik om ons volksidentiteit uit te druk. ‘n Volk kan breedweg beskou word as ‘n groep mense met ‘n gemeenskaplike taal en kultuur en met ‘n bewuste historiese lotsgebondenheid wat in die gedagte voortgedra word. Dit is wat met volksidentiteit uitgedruk word in die woorde Afrikaner en Boer.

Die gemene deler tussen die twee woorde is dat die volksidentiteit berus op ons oorsprong, ons onderlinge verbondenheid, ons volkstaal, volksideale, volksbestaan en volkstoekoms. Daarmee druk ons dus ook ons volksrespek of volkstrots uit.

In die somtotaal hiervan word die volksidentiteit met volksrespek saamgevat:

● in die woord Afrikaner

●● Dit is wat Hendrik Bibault in 1707 uitgedruk het – al was dit nog ongevorm.

●● Dit is wat president Steyn in 1916 beklemtoon het.

●● Dit is wat G.D. Scholtz in 1957 bedoel het.

● in die woord Boer

●● Dit is wat generaal De Wet in 1903 uitgedruk het.

●● Dit is wat mev. Neethling in 1916 beklemtoon het.

●● Dit is wat in 1938 bedoel is.

Waarom dan die twis oor woorde?

In die jare rondom 1990 proklameer ‘n groep linkse akademici en politici die woord “Afrikaanses” en beweer dat dit die eenheid uitdruk van almal wat Afrikaans praat. Dit was ‘n poging om in die gees van politieke woelinge van die tyd te akkommodeer.

Daarom was dit dwaasheid. Want net een komponent, taal, is daarmee verhef om volksidentiteit uit te druk.

Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van die dwaas is na links (Pred. 10:2 – 1933/53)

Wat sê dit?

In die gang van die hele Skrifgedeelte verwys dit nie na sedelikheid nie maar na die deugdelikheid van die wyse teenoor die skadelike van die dwaas. Dit wil sê dat ‘n dwaas selfs in die eenvoudigste dinge nie ordelik optree nie. Dit berus dus op die algemeen geldende regshandigheid teenoor die lompheid van die linkerhand.

In die voorafgaande vers word gewag gemaak van ‘n paar dooie vlieë wat die hele voorraad salf bederf. So is die bederwende invloed van dwaasheid.

In die opvolgende verse word die voortwoekerende krag van die dwaasheid uiteengesit. So roep die dwaasheid verdere dwaasheid op.

(Let daarop dat die 1983 Bybel die begrippe links en regs weggelaat het. Die 1933 Afrikaanse vertaling kom ooreen met die gesaghebbende vertalings in Duits (1534) Engels (1611) en die Statebybel (1637))

Die dwaasheid van die begrip Afrikaanses wortel veral in die gebrekkige en misleidende beklemtoning van slegs taal om volksidentiteit uit te druk.

Dit was ‘n lompe, linkshandige poging om politieke akkommodasie ten koste van volkskap te bewerkstellig; ‘n mislukte en misleidende poging om bymekaar te voeg wat nie bymekaar hoort nie.

Die reaksie daarop was nie onverwags nie. Twee koerse is ingeslaan:

‘n Kompromisterm, Boere-Afrikaners is in die plek van Afrikaanses gestel en met ywer gepropageer.

Ander het slegs die erebenaming Boer beklemtoon.

Daarmee het die gemoedere ontvlam en is verwyte van links na regs geslinger.

So was “Afrikaanses” die vlieg in die salf wat die mooi woorde Afrikaner en Boer bederf het. Want die woord is ingevoer met bedenklike bymotiewe.

Om nou Afrikaner teen Boer op te stel is ‘n valse teenstelling. Dit is wisselterme om ons volksidentiteit uit te druk elk met sy eie beklemtoning.

Daar word gevolglik nou getwis oor iets wat nie bestaan nie. Dit is eenvoudig voortwoekerende dwaasheid. En met die geywer oor “Boer” word ons taal vermink en die heldebetekenis van “Boer” verydel terwyl ons volksgeskiedenis verskraal word. Hulle is gevolglik nie Boere nie maar brekers.

Hoeveel twisters daar is maak nie saak nie.

Hoeveel helde daar onder die twisters is – dit is die vraag. En dit moet deur ander beoordeel word.

]]>
http://volksraad.co.za/afrikaner-boer-afrikaner-boer-boere-afrikaner/feed/ 0