Vordering

Die eerste amptelike taak van die Volksraad was om die president van die ANC regering in kennis te stel van die bestaan van die Volksraad en van sy mandaat.  Dit is gedoen op 26 Oktober 2011 toe die voorsitter, Mnr Andries Breytenbach, en volksraadsklid Ben Geldenhuys ‘n skrywe by die kantoor van die president van die ANC regering by die Uniegebou in Pretoria afgelewer het.

{DRUK HIER OM DIE BOGENOEMDE SKRYWE AF TE LAAI}

 

Op die 8ste Februarie 2012 is ‘n tweede skrywe aan die kantoor van die President van die ANC regering by die Uniegebou in Pretoria afgelewer.  In hierdie skrywe is ‘n gesprek met die ANC President aangevra om die eis aan hom te oorhandig.

{DRUK HIER OM DIE SKRYWE AF TE LAAI}

‘n Erkenning van ontvangs op hierdie skrywe is ontvang op 17 Februarie 2012 vanaf die kantoor van die President van die ANC Regering.

{DRUK HIER OM DIE SKRYWE AF TE LAAI}