Mediaverklarings

MEDIAVERKLARING

20 Januarie 2015

Die klagtes wat teen Sunette Bridges gebring is deur die sogenaamde Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) voor die gelykheidshof, blyk niks anders te wees as ‘n heksejag. Na die Volksraad ‘n klag by die MRK ingedien het teen die Suid-Afrikaanse regering, was die antwoord wat die Volksraad van die MRK ontvang het, dat die MRK nie die saak kan aanhoor nie, aangesien die saak verrykende gevolge vir Suid-Afrika sal he. Verskeie ander volksorganisasies het al klagtes ingedien by die MRK teen die regering en sy departemente, onder andere klagtes van haatspraak teen Julius Malema, klagtes oor die behandeling wat Clive derby Lewis in die tronk ontvang en telkens het die MRK die klagtes af gelag.
Dit blyk dus dat die MRK bloot ‘n verlengstuk is van die ANC-regime. Hierdie regime hou nie daarvan dat die ras van aanvallers aangedui word in plaasaanvalle nie en gevolglik blyk dit dat Sunette Bridges stil gemaak moet word.
Ons wens Sunette Bridges sterkte toe in haar stryd teen die staatsmasjinerie en doen ‘n beroep op volksgenote om haar te ondersteun op welke wyse ook al.
Die enigste oplossing vir die Boere-Afrikaner is om onder hierdie regime uit te kom en oor homself te regeer, daarom sal die Boere-Afrikanervolksraad onverpoosd voort stry vir hierdie reg.

______________________________________________________________________________________

MEDIAVERKLARING

20 Januarie 2015

Die Boere-Afrikanervolksraad het weer deur sy regsverteenwoordiger ‘n skrywe aan die Suid-Afrikaanse Regering se regsverteenwoordigers gestuur met die eis dat die gesprek wat in Augustus 2014 plaasgevind het, dringend opgevolg moet word.

Tydens die gesprek tussen die Volksraad en adjunk-president Cyril Ramaphosa, is ooreengekom dat ‘n opvolggesprek noodsaaklik is, en is voorgestel dat dit in ongeveer drie maande tyd sou plaasvind.  Tot dusver is niks weer van die ANC-regering verneem nie.

Tydens sy eerste volledige sitting vanjaar, het die Volksraad dit duidelik gestel dat hy sy hofaksie teen die regering opgeskort het op voorwaarde dat die gesprekvoering voortgesit gaan word.  Soos ooreengekom het die Volksraad ook ‘n Makro-Plan na Vryheid uitgewerk en aan die regering beskikbaargestel, as basis vir die volgende gesprekvoering. “As die regering nou wil voete sleep en die gesprek wil vertraag of selfs laat doodloop, sal ons geen ander keuse hê nie as om ons aanvanklike hofaansoek voort te sit,” sê mnr. Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad.

Tydens die Volksraadvergadering is ook besluit dat die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) gevra gaan word om verkiesingsgereed te kom. “Ons moet ‘n nuwe en breë mandaat kry, en met die oog op ‘n moontlike langer gesprek met die regering, sal ons ons basis moet verbreed en ‘n hernude en groter mandaat van die volk verkry,” sê mnr. Breytenbach.

Die Volksraad het weer eens sy ondersteuning gegee aan die VVK se grondopname. “Ons moet weet waar ons mense is wat vryheid wil hê, en wat graag hulle eiendom sal wil sien in ‘n selfstandige Afrikanerstaat,” sê mnr. Breytenbach.

Daar is ook op ‘n aksieplan besluit om die Volksraad se strewe meer plaaslik, maar ook internasionaal bekend te stel. “Die ideaal sou wees as alle volksorganisasies wat selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk nastreef, veral op internasionale terrein kon saamwerk om ‘n eenvormige boodskap na die wêreld uit te dra. Natuurlik moet die ANC-regime ontmasker word as ‘n onbevoegde en rassistiese bende wat daarop uit is om die Afrikaner te vernietig, maar ons moet ook die buiteland ons boodskap van hoop en ‘n werkbare alternatief gee. ‘n Volksdepartement van buitelandse sake sou daarvoor ‘n ideale voertuig uitmaak, en die Volksraad het besluit om met ander organisasies daaroor in gesprek te tree,” sê mnr. Breytenbach.

____________________________________________________________________________________

GESAMENTLIKE MEDIA-VRYSTELLING DEUR DIE VOLKSRAAD EN DIE VVK

 6 Februarie 2014

 “Die Volksraad het opdrag verleen aan Mnr. Paul Kruger in sy hoedanigheid as prokureur, om ‘n Aansoek voor te berei teen die Regering van Suid-Afrika vir beregting in die Hoë Hof. Die loodsing van hierdie spesifieke Hof-aansoek is noodsaaklik in die lig van sekere vereistes wat gestel word in die Internasionale Reg aangaande die opsies en optrede van ‘n volk wat se reg op selfbeskikking geminag word.

Gedagtig aan die wenslikheid van ‘n standhoudende samestelling van die Volksraad gedurende bogenoemde litigasie-proses, het die Volksraad en die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) sekere samesprekings gehou betreffende die dienstermyn van die huidige Volksraadslede. Die regsaksie sal naamlik in die loop van die volgende paar maande begin- en deurgevoer word; wat sal meebring dat die Volksraad moontlik midde-in ‘n regsgeding teen die Staat betrokke gaan wees op die stadium wat die Volksraad se dienstermyn verstryk. (Die huidige Volksraad was op 10 Oktober 2011 ingehuldig vir ‘n termyn van 3 jaar).

Die twee instansies het ooreengekom dat ‘n opvolgende Volksraadsverkiesing later vanjaar deur die VVK gefasiliteer sal word, mits finansiële- en ander noodsaaklike middele daarvoor uit die volk beskikbaar gemaak gaan word en mits sodanige verkiesing nie die litigasie- en ander prosesse wat daaruit mag voortspruit, negatief gaan beïnvloed nie. Indien dit blyk dat ‘n volskaalse verkiesing nie moontlik of wenslik sal wees nie, sal die VVK voor- of op 1 Oktober 2014 ‘n referendum hou onder reeds-geregistreerde kiesers asook onder volksgenote wat op sodanige tydstip as kiesers geregistreer mag wees of word, en waartydens die volk geleentheid sal kry om te besluit of die huidige Volksraad se mandaat vir ‘n tydperk van maksimum 2 jaar verleng gaan word al dan nie.

Die Volksraad het ‘n regshulpfonds vir die voorgenoemde aksie geskep en volksgenote het nou die geleentheid om deur hul bydraes daadwerklike steun vir die saak te betoon. Besonderhede daarvan is op die Volksraad se webblad www.volksraad.co.za beskikbaar en die Volksraad kan telefonies geskakel word by 012 940 4215.

Voorts word volksgenote wat enige bydrae in verband met die verkiesing/referendum wil lewer versoek om so gou moontlik met die VVK in verbinding te tree (tel. nr. 012 803 0712) – ons toekoms, ons kinders se toekoms en ons vryheid hang van u af”.

__________________________________________________________________________________

ANC regime aangekla by Menseregtekommissie

03 Desember 2012

Die Boere-Afrikanervolksraad het vandag (3 Desember 2012), ‘n klag teen die regering van Suid-Afrika by die SA Menseregtekommissie ingedien, weens die regering se versuim om bepalings van bindende internasionale verdrae wat verband hou met volke se reg op selfbeskikking na te kom. Dié  Kommissie is die voorgeskrewe kanaal waardeur sodanige klagtes ingedien moet word.

Die Internasionale Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte bepaal onder meer dat alle volke die reg het op selfbeskikking en dat partye tot die verdrag stappe moet neem om uitvoering te gee aan die regte wat in die Konvensie erken word. Die Suid-Afrikaanse regering het hierdie konvensie op 1 Desember 1998 onderteken.

Die klag volg nadat die regering herhaaldelik versuim het om op die Volksraad se skrywes en Eis om Selfbeskikking te reageer.

Afskrifte van die Boere-Afrikanervolksraad se eis om selfbeskikking is Vrydag 30 November 2012 by ambassades, asook die plaaslike VN-Kantoor in Pretoria ingedien. Ook die klag wat by die Menseregtekommissie ingedien is, is by die VN Kantoor ingedien.

_________________________________________

The Boere-Afrikanervolksraad laid a charge at the South-African Human rights Commission against the SA government today (3 December 2012). This charge follows the SA Government’s failure to comply to binding international treaties in connection with peoples’ right to self-determination. This Commission is the prescribed channel through which charges of this nature are to be lodged.

The International Convention on Civil and Political Rights states that all peoples have the right to self-determination. It requires of signatories to this convention  to take steps to insure that these rights are realised. The South African Government signed this convention on the 1st of December 1998.

The charge was laid as a result of the SA Government’s neglicence to respond to written communication sent to the Government by the Boere-Afrikanervolksraad.

Copies of the Boere-Afrikanervolksraad’s “Claim to Self-determination” were delivered to various embassies on Friday the 30th of November 2012, as well as to the UN office in Pretoria. A copy of the charge that was handed in at the Human Rights commission, was also handed to the UN Office in Pretoria.

 

Andries Breytenbach

Voorsitter

Boere-Afrikanervolksraad

__________________________________________________________________________________

Mediaverklaring :  ANC Regering kry ultimatum oor Vryheidseis

17 Oktober 2012

In terme van die mandaat wat die Boere-Afrikaner Volksraad gekry het tydens die verkiesing van September 2012, het hy sy eis om selfbeskikking opgestel, en is hierdie eis vanoggend aan ‘n verteenwoordiger van mnr. Jacob Zuma se kantoor by die Uniegebou in Pretoria oorhandig. Dit is in ontvangs geneem deur Theunissen Shongwe, met dokument verwysingsnommer 5587.
Dié eis om selfbeskikking staan op die juridiese gronde van die internasionale reg, aangevul deur historiese, prinsipiële en morele gronde.
Volke het die reg tot selfbeskikking, en daardie reg kom ook die Boere- of Afrikanervolk toe, Hierdie internasionaal erkende reg word nou formeel opgeëis.
Die ANC-regering is tyd gegun tot 30 November 2012 om terugvoer op hierdie eis te gee. Indien dit geïgnoreer word, soos vorige kennisgewings blatant geïgnoreer is, sal ‘n proses in werking gestel word om hierdie eis en gevolglike dispuut met die ANC-regering, aan internasionale bemiddeling te laat onderwerp.

Die volledige Vryheidseis is beskikbaar  by http://volksraad.co.za/selfbeskikkings-eis/selfbeskikkingseis/.

_________________________________________________________________________________

Mediaverklaring : Lonmin – Mombakkies af.

20 Augustus 2012

In bykans alle kommentare oor die Lonmin-gebeure word sterk gewag gemaak van die skade wat Suid-Afrika se beeld in die buiteland ly, en wat dit aan die markte kan doen.

Vir meer as 18 jaar sedert die Boere-Afrikaner se land onregmatig aan die ANC oorhandig is, trakteer die linkse media Suid-Afrika en die wêreld egter op ‘n valse beeld van ‘n vreedsame “demokrasie” en ‘n reënboognasie.

Nou het die dood van 34 mynwerkers wêreldwyd ‘n histerie in die media ontketen. Selfs behoudende Afrikaanse kommentators stort krokodiltrane daaroor en ‘n week van rou word deur die ANC Regering afgekondig.

Dit is in skrille kontras met die reaksie op die dood van meer as 1 600 plaasboere en vele duisende meer volksgenote in die stede, in ‘n volgehoue moordtog teen die Blankes in Suid-Afrika. Die effek daarvan op S.A. se beeld en die markte pla die hoofstroommedia skynbaar nie en daarvoor is nog nooit een dag van rou uitgero

ep nie. Klaarblyklik is die getal mense wat doodgemaak word, nie sensasiewekkend genoeg nie, maar net die aantal wat op een slag omkom, of as dit Swartes is.
Dit is goed dat die mombakkies van die “wonderwerk demokrasie” ‘n slag afgeruk word.
Dit is ook goed dat dit hierdie keer nie blanke polisiebeamptes was wat met skerppuntammunisie op hul aanvallers gevuur het nie, maar swartes, want dit kan nie as rassisme of apartheidspolitiek bestempel word nie. Miskien sal dit tot diegene wat so graag die skietery toentertyd by Sharpeville veroordeel, deurdring dat wanneer jou lewe deur ‘n besete horde bedreig word, dan vuur jy uit noodweer, nie om apartheid af te dwing nie.
Dit is nodig dat die wêreld kennis neem dat die kunsmatige “demokrasie” wat hulle met sanksies en diplomatieke druk op Suid-Afrika afgedwing het sodat hulle die land se bodemrykdomme kon plunder, ‘n eens ordelike en voorspoedige land in ‘n falende staat omskep het waarin daar nie ‘n dag omgaan dat daar nie êrens betogings en onluste plaasvind weens die ANC-regering se onbevoegdheid nie. Die Lonmin-gebeure was maar die punt van ‘n ysberg van oplaaiende haat en geweld wat nog baie skade aan die land se beeld en die markte gaan berokken.
Hopelik sal gebeure soos hierdie meewerk om die wêreld se oë en ore oop te maak vir die Boere-Afrikanervolk se eis om uit hierdie falende staat en mislukte reënboognasie uit te skei en onsself in ons eie republiek te regeer.

 

Andries Breytenbach
Voorsitter

___________________________________________________________________________________

Mediaverklaring: Die sluiting van blanke besighede op Pelgrimsrus

5 Julie 2012

Die bekendmaking dat sewentien besighede in Pelgrimsrus wat aan blanke eienaars behoort, aangesê is om hul deure te sluit met die klaarblyklike bedoeling om dit aan swart eienaars oor te dra, behoort volksgenote wat deur versekerings van die ANC gerus gestel word dat konfiskering van eiendom sonder vergoeding nie ANC-beleid is nie, tot nugterheid te bring. Die optrede demonstreer dat nie net plaasgrond geteiken word nie. Volgens inligting is die bewering dat die eienaars nie betyds aansoek gedoen het om verlenging van hul kontrakte nie, onwaar, en met die ANC se rekord van vrot administrasie kan aanvaar word dat hulle verskoning vir dié jongste roof nie water hou nie.

Daar is baie maniere om ‘n kat dood te maak, en die volksvyandige regering weet dit ook. Die kleptokrasie aan wie De Klerk die politieke mag in Suid-Afrika oorhandig het, is derhalwe baie vindingryk om maniere te vind om ons blanke erfgoed te roof, en eie aan ‘n sosialistiese/kommunistiese regime is alle private eiendom in hulle visier. Die Afrikaanse organisasies wat nog deelneem aan berade met die ANC behoort sonder versuim uit protes en ter wille van ons volk se selfrespek daaruit te stap.

Daar is uiteindelik net een manier om aan die volksvreemde onderdrukker se  grypsugtige kloue te ontsnap en ons volk se erfenis te bewaar en uit te bou, en dit is om ons nasionale vryheid te herwin. Die Volksraad beywer hom daarvoor en versoek volksgenote om daadwerklik hulle steun daaraan toe te sê deur op die VVK se kieserslys te registreer.

Andries Breytenbach
Voorsitter: Boere-Afrikaner Volksraad

____________________________________________________________________________________

26 Junie 2012

ANC stel nie belang in vreedsame oplossing nie

Die Boere-Afrikanervolksraad het met kommer kennis geneem van die verhoogde rassespanning wat tans in Suid-Afrika heers met selfs verwysings van oorlog wat in die media oor berig word. Die oorsaak van hierdie verhoogde rassespanning is die besluit van die ANC en sy jeugliga om die grondgryp program te verskerp, soos verwoord deur die waarnemende President van die jeugliga, Ronald Lamola. Die gevolge hiervan is die verhoogde aanvalle en moorde op blankes.

Die ANC regime sal moet besef dat ‘n volk net so lank kan sit en toekyk hoe sy lede vermoor word, sonder om iets daaraan te doen. Geen volk kan toelaat dat ‘n organisasie soos die ANC se revolusie plaasvind ten koste van daardie volk se lede se eiendom en lewens nie.

Die Boere-Afrikanervolksraad het reeds ‘n vreedsame oplossing aangebied aan die ANC regime, maar blyk dit dat die ANC nie in ‘n vreedsame oplossing belangstel nie en eerder sy lede se bloeddorstigheid wil les.

Sou die regime tot sy sinne kom, is die Boere-Afrikanervolksraad steeds bereid om gesprek te voer oor die Boere-Afrikanervolk se reg om selfbeskikking, wat die enigste haalbare en vreedsame oplossing is vir die rassespanning en dreigende rasse oorlog in Suid-Afrika.    

Die Boere-Afrikanervolksraad   
Navrae:             Andries Breytenbach: 082 322 6590

Ben Geldenhuys:  083 309 1300

____________________________________________________________________________________

11 Junie 2012

MEDIAVERKLARING: DIE BOERE-AFRIKANERVOLK SE EIS OM SELFBESKIKKING

Die Boere-Afrikanervolksraad het die ANC-President per brief ingelig dat die Volksraad voortgaan
om met die middele tot sy beskikking en in ooreenstemming met die reëls van die Volkereg, te
doen wat hy nodig vind om ons volk se nasionale vryheid te herstel.

Dit volg nadat die Regering nie gereageer het op die geleentheid wat die Volksraad aan hom (die
Regering) gebied het om oor die aangeleentheid in gesprek te tree nie.

Die geskiedenis van volke en state oor baie eeue leer dat ‘n kwessie soos die onderhawige nie
verdwyn wanneer maghebbers dit ignoreer of onderdruk nie. Eweneens sal óns volk se aandrang
op vryheid ook nie verdwyn nie; inteendeel, dit sal toeneem.

Sou die Regering later wens om die saak te bespreek, sal die Volksraad dit in die lig van die dan
heersende omstandighede oorweeg.

(Om die brief af te laai, druk HIER)

____________________________________________________________________________________

4 Junie 2012

Mediaverklaring: DA se klag teen protesteerders teen plaasmoorde

Kennis is geneem dat die ultralinkse DA ‘n klag by die Menseregtekommissie wil lê teen die Boere-Afrikaners wat in Delmas geprotesteer het teen die moorde op volksgenote.

Waarom kla die DA organisasies aan wat op ‘n ordelike wyse protesteer teen die aanhoudende moordveldtog teen ons mense, maar wanneer die ANC swartes aanhits om boere (en Boere)  te vermoor, deur die liedere wat hulle sing en die uitsprake dat die blankes hulle grond gesteel het, versuim hulle om die skuldiges aan te kla?

Wie se regte word geskend wanneer Afrikaners verklaar dat hulle klaar is met Swart Suid-Afrika en begeer om hulleself in hul eie land te regeer? Waarom kla die DA nie liewer die regime aan wat Afrikaners se reg op selfbeskikking en internasionale verdrae wat die Regering bind om volke wat selfbeskikking verlang, op die weg daarheen te help, skend nie?

Waarom voeg die DA nie sy stem by diegene wat eis dat plaasmoorde as ‘n spesiale kategorie misdaad verklaar en hanteer word nie?

Die DA is ‘n misgeboorte uit die huwelik van die ou Afrikanervyandige Engels-Joodse Progressiewe Party, wat hom vir hierdie bedeling beywer het, met die verloopte Nasionale Party van Vorster, Botha en De Klerk, wat die politieke mag onregmatig aan die ANC oorhandig en ons land in die grootste gemors van sy 360-jarige bestaan gedompel het. Nou moet hulle hulle brousel maak werk en diegene wat nie deel daarvan wil wees nie, tot aanvaarding daarvan probeer dwing. Ons is nie deel van die gehawende “Nuwe Suid-Afrika” se reënboognasie nie en wil dit nie wees nie. Hoe gouer die DA en die Regering dit begryp, hoe beter.

Die woede en weerstand oor die moorde op ons mense sal toeneem, en so ook die aandrang op ons volk se nasionale vryheid. Die ruïnes van eens magtige ryke en volke toon dat sulke aspirasies nie onderdruk kan word nie; inteendeel, die wêreldgeskiedenis het getoon dat pogings om dit te onderdruk, telkens net sterker weerstand ontlok. Die DA en die Regering sal wys handel deur daardie les betyds ter harte te neem.

____________________________________________________________________________________

14 Maart 2012

Kommandokorps.

Die Volksraad het kennis geneem van reaksie en kommentaar op die materiaal wat oor die Kommandokorps se opleiding gebeeldsend is, asook die bevelvoerder van die Korps se betrokkenheid by die Volksraad. Die Raad is bewus van die invloed wat dit op die uitvoering van ons mandaat kan uitoefen en hanteer dit intern met die nodige erns.

Vir navrae:
Mnr. Andries Breytenbach,
Voorsitter van die Volksraad,
tel. 082 322 6590.
 

____________________________________________________________________________________

24 Januarie 2012

Volksraad wil Regering gaan sien

Tydens die tweede volledige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad is besluit om ‘n datum met die ANC-regering vas te maak om die vryheidseis te oorhandig.  Die Volksraad het met waardering kennis geneem dat die werk van sy aangewese Adviesraad feitlik voltooi is, en dat die eis om selfbeskikking dan gereed sal wees om aan die ANC-regering te oorhandig.  Daar word gepoog vir ‘n datum voor die einde van Maart vanjaar.

Daar is ook openhartige gesprek gevoer tussen die Volksraad en die verskillende bestuurstrukture van Orania, waar die Volksraad sy sitting gehou het.  Verskeie raakpunte is geïdentifiseer en die behoefte tot verdere gesprekke is ook geopper.

Lede van die publiek het ook sinvolle insette en aanbevelings gegee gedurende die ope deel van die sitting. Sake wat ter sprake gekom het, is die Vryheidsfonds wat in die lewe geroep is, buitelandse skakeling, die volkleur embleem van die Volksraad wat bekend gestel is, en daar het ‘n versoek vanuit die openbare galery gekom dat die Voorsitter van die Volksraad met die leier van die amptelike opposisie moet gaan praat om haar te vertel dat die Afrikaner moeg daarvoor is dat sy die Afrikaner gedurig afbreek.

Groot klem is ook gelê op die feit dat die Afrikanervolk ook weer tot sy kernwaardes moet terugkeer, naamlik sy Christelike geloofsbasis, dat die Sabbat onderhou moet word en dat ‘n verootmoedigde lewenstyl gehandhaaf moet word.

Intussen word ook gepoog om kommunikasiekanale met die kiesers te skep of te verbeter, en daar sal gepoog word om die mandaat van die Volksraad te verbreed deur die uitbreiding van die VVK se kieserslys.

‘n Vryheidskongres word eersdaags beplan. Besonderhede daaroor sal later bekend gemaak word. Die volgende volledige Volksraadsitting sal gedurende April in Vryheid plaasvind.  

Vir navrae:
Mnr. Andries Breytenbach,
Voorsitter van die Volksraad,
tel. 082 322 6590.  

____________________________________________________________________________________

19 Januarie 2012

Volksraad hou sitting in Orania

Die tweede voltallige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad vind eerskomende naweek plaas.  Nadat die Volksraad sy eerste volledige sitting op 8 Oktober 2011 gehad het, het die Dagbestuur sake hanteer.

Die Volksraad beplan om sy volledige sittings telkens elders in die land te hou ten einde mense in staat te stel om insette te kan lewer.  Die sitting in Orania sal dan ook gedeeltelik oop wees vir die publiek en die media.  Die verrigtinge begin Saterdagoggend om 09:00 in die ouditorium op Orania.  Die Volksraad sal daar verwelkom word, die Voorsitter en die ander Volksraadslede sal terugvoer gee oor die werksaamhede waarmee hulle tot dusver besig was, en dan sal mense die geleentheid hê om vra te vra en aan die bespreking deel te neem.

Die Volksraad sal ook van die geleentheid gebruik maak om gesprek te voer met Orania se bestuur, en die middag sal ‘n geslote vergadering wees.  

Henk van de Graaf                 Sekretaris       Tel. 083 411 8229

____________________________________________________________________________________

6 Januarie 2012

ANC moet versigtig wees vir hoë vryheidsvure

Die ANC is tans besig met sy eeufeesvieringe, waartydens hy baie klem lê op sy sogenaamde “struggle” en die oorwinning wat hy behaal het.

Die ANC se oorname impliseer noodwendig die onderdrukking van die Boere- of Afrikanervolk.  Mooiklinkende terme in die ANC se grondwet vir die land sedert 1994, het na byna 18 jaar van ANC-oorheersing geblyk nie die papier werd te wees waarop dit staan nie.  Van FW de Klerk se beloofde wigte en teëwigte, het net die ANC se swaarwigtige kommunistiese soustrein oorgebly, en Afrikaners voel toenemend vreemdelinge in hulle eie vaderland, terwyl hulle wel steeds die grootste deel tot die belastingkas bydra, maar daar minimaal van terugkry.

Net soos die ANC nou tydens sy eeufeesvieringe gronde vir sy destydse verset wil opdis, moet hy dalk uit sy eie geskiedenis leer dat waar daar selfs net ‘n halwe rede vir ontevredenheid bestaan, dit met die nodige aanhitsing en vuur, kan ontwikkel tot ‘n onstuitbare veldbrand.

Met die verdrukking, vernedering en verarming wat die Afrikanervolk die afgelope byna 18 jaar ervaar het, het daar onder ‘n beduidende deel ook ‘n vlam van ontevredenheid begin brand.  Die ANC blaas daardie vlammetjie self aan deur sy “affirmative action”, grondroof, kulturele onterwing, pleknaamveranderings, praatjies van onteiening en nasionalisering aan.

Uiteindelik het dit daartoe gelei dat daar drie maande gelede ‘n verkiesing onder Afrikaners gehou is, waartydens ‘n Volksraad, buite hierdie bestel, van 9 manne demokraties verkies is met die enkele mandaat: kry die vryheid van die Afrikaner weer terug.

Gedurende drie maande kan die Volksraad met dankbaarheid terugkyk op sy werksaamhede, wat insluit die persoonlike bediening van ‘n Kennis van Voorneme aan die ANC-regering (waarop selfs na ‘n aanmaning geen formele ontvangserkenning ontvang is nie), skakeling met die Georgiese regering, skakeling met verskeie lede van die Nederlandse parlement, en die samestelling van ‘n Adviesraad van kundiges wat die Afrikaners se vryheidseis verwoord op juridiese, historiese, morele en prinsipiële gronde.  Hierdie groot taak moet in die eerste kwartaal van hierdie jaar voltooi wees. By afhandeling daarvan sal dit formeel aan die Suid-Afrikaanse regering voorgelê word.

Daarbenewens word verskeie buitelandse afvaardigings hierdie jaar beplan om die Afrikanervolk se reg op vryheid, wêreldkundig te maak.  Terselfdertyd word ‘n intensiewe binnelandse veldtog beplan om die Volksraad bekend te stel en die VVK se kieserslys drasties aan te vul vir ‘n moontlike volgende verkiesing, en om daardeur die Volksraad se mandaat te vergroot.

Die ANC kan tydens sy uitspattige feesvieringe gerus kennis neem dat die deel van die Afrikanervolk wat vry wil wees, homself sterk begin organiseer en posisioneer het om weer sy vryheid te herwin, en dat hy ook bereid sal wees om enige prys daarvoor te betaal.  

Navrae:
Andries Breytenbach:             Voorsitter         Tel. 082 322 6590

Henk van de Graaf                 Sekretaris       Tel. 083 411 8229

____________________________________________________________________________________

11 November 2011

Kontak met Georgië

‘n Tweede groot mylpaal sedert die Volksraadverkiesing van 24 September 2011, waartydens ‘n Volksraad van 9 mense verkies is, was die oorhandiging van ‘n skrywe van die Volksraad aan die regering van Georgië.

Dit was slegs sowat ‘n week nadat die Volksraad ‘n Kennis van Voorneme aan die Suid-Afrikaanse Regering oorhandig het, waarin kennis gegee is dat ‘n volledig gemotiveerde vryheidseis vir dié Afrikaners of Boere wat dit nastreef, binnekort aan die SA regering oorhandig sal word.

Die Volksraad het ook begin met ‘n bewusmakingsaksie in die buiteland, en tydens ‘n besoek van die Sekretaris van die Volksraad aan Georgië, is ‘n skrywe aan die President van dié land oorhandig aan die Minister van Diaspora, min. Mirza Papuna Davitaia.  Die brief aan die President, asook ‘n foto van die oorhandiging aan die Minister, word hierby aangeheg.

Verskeie soortgelyke inisiatiewe sal binnekort bekend gemaak word.

Henk van de Graaf
Sekretaris
Sel 083 411 8229

{DRUK HIER OM DIE BRIEF AF TE LAAI}

____________________________________________________________________________________

26 Oktober 2011 

Kennisgewing aan ANC regering

‘n Afvaardiging van die Boere-Afrikaner Volksraad het vanoggend, 26 Oktober 2011, ‘n skrywe  aan die Kantoor van die Staatspresident oorhandig, waarin die regime formeel in kennis gestel is van die verkiesing van die Volksraad en laasgenoemde se  voorneme  om uitvoering te gee aan sy mandaat om ons volk se  reg op selfbeskikking ten uitvoer te bring.

Hierdie is die eerste stap in die proses om ons volk se selfbeskikking te herwin. Die volgende stap sal die formele eis wees wat ter gelegener tyd aan die regime oorhandig sal word.

Die uwe,

Andries Breytenbach
Voorsitter
[email protected]
082 322 6590
www.volksraad.co.za