Adviesraad

Die Volksraad het tydens sy eerste vergadering besluit om ‘n Adviesraad van vakkundige persone of persone wat deskundige kennis oor bepaalde sake het, in die lewe te roep. Die doel daarvan is om inligting wat van tyd tot tyd oor bepaalde sake benodig word, na te vors en gesaghebbende verslae en/of advies daaroor aan die Volksraad beskikbaar te stel. Die Volksraad sal sodanige inligting in sy besluitneming oorweeg en na goeddunke gebruik.

Die Adviesraad bestaan nie uit vaste lede nie, maar persone word genooi om bydraes te lewer soos en wanneer nodig.

Die eerste behoefte is om ‘n dokument voor te berei waarin die gronde vir ons aanspraak op soewereine vryheid vir óns volk volledig uiteengesit word. Met die oog daarop is die volgende persone gevra om die onderwerpe soos hieronder aangetoon, te beskryf.
1. Prof. Hendrik van der Wateren:  Die prinsipiële basis van ons vryheidstrewe.
2. Prof. Adriaan Pont en ds. Ferdi Devenier: Die morele gronde vir ons aanspraak op vryheid.
3. Dr. Pieter Möller: Die historiese gronde vir ons aanspraak.
4. Mnr. Paul Kruger lei en koördineer ‘n span medewerkers wat die juridiese basis van ons aanspraak uiteensit.

Meeste van die bogenoemde werkstukke is reeds gelewer.

Meer inligting sal eersdaags verskaf word.